Hoërskool Nelspruit Hokkie Gholfdag ‘n groot sukses

Hoërskool Nelspruit Hokkie Gholfdag ‘n groot sukses

February 13, 2019
|

Hoërskool Nelspruit se hokkiespanne het op Donderdag 7 Februarie 2019 ‘n gholfdag as fondsinsamelingsprojek aangebied.

Dit was weereens ‘n groot sukses en sonder die gemeenskap se ondersteuning sou die skool dit nie kon doen nie. ‘n Opregte dankie aan elke speler, ondersteuner en borg wat deel was van die dag se sukses.

Saam met al die geselligheid is daar ook ‘n hele paar pryse uitgedeel. Tim Marobane, Gerrit Smith, Obed Mashego en Justin van Staden het die eerste prys ontvang.  Piet Lombard, Reghardt Meyer, Stephan Potgieter en Dennie Taljaardt word as naaswenners aangewys en Johan Ferreira, Cobus,  Arthur Douglas en Pieter Viljoen eindig in die derde plek. Baie geluk met elkeen wat ‘n prys gewen het! 

Die gholfdag se sukses is ‘n bewys van die Nellie-ouers en gemeenskap se betrokkenheid by NHS.  Laat hom wat dit verdien die palmtak dra.