Groot pret by NHS se opedag

Groot pret by NHS se opedag

May 15, 2019
|

Die jaarlikse NHS Opedag het op 6 Mei 2019 plaasgevind. Gr.7’s van regoor die Laeveld en so ver as Limpopo het die dag bygewoon. Soos in die verlede was die skoolterrein ʼn miernes van bedrywighede met personeel en leerders wat hul deure wawyd vir voornemende Nellies oopgooi om die verskeidenheid van sport-en kultuuraktiwiteite en vakke wat die skool aanbied ten toon te stel. Gr.7’s het ‘n skooltoer in die vorm van ‘n “amazing race” meegemaak en was aan die einde van die wedloop met ‘n oulike geskenkie wat hulle altyd sal herinner aan Hoërskool Nelspruit beloon. Daarna is die besoekers na die stadsteater geneem, waar hulle die populêre Skouspel 2019, ‘n revue van NHS bygewoon het.
Besoek gerus Hoërskool Nelspruit se webwerf (www.nelliesh.co.za) en hou die sosiale media dop vir foto’s en inligting indien jy een van die ongelukkiges is wat nie dié dag kon bywoon nie. Aansoekvorms is ook aanlyn beskikbaar.