Groot aksie by Groot 5-tennistoernooi

Groot aksie by Groot 5-tennistoernooi

February 13, 2018
|

Hoërskool Nelspruit het 9-11 Februarie die jaarlikse Groot 5 Tennistoernooi aangebied. Deelnemende skole was Hoërskool Nelspruit, Wilgerivier, Ermelo, Affies, garsfontein, HTS Middelburg, Monument, Merensky en Boland Landbou. Daar is reg oor die dorp gespeel op die bane van NHS, Laerskool Nelspruit, Hoërskool Bergvlam, Panorama (Matumi) en Van Riebeeckpark. Die toernooi is met ‘n spesiale dinee en prysuitdeling by NHS se dogterskoshuis afgesluit. Hierdie is ‘n lekker toernooi om die tennisjaar mee af te skop en skole sien jaarliks uit na die naweek in Nelspruit. NHS se dogterspan het derde geëindig, die tweede dogterspan sesde en die seuns vyfde. 

Sien meer Groot 5-tennis foto’s hier, en koop jou aksiefoto! 

NHS uitslae

 

Dogters

Wen Wilgerivier 22-2

Wen Ermelo 22-2

Gelykop met Afrikaans Hoër Meisies

Wen Monument 5-0

 

Eindig algeheel derde.

 

 

Seuns

Verloor teen Garsfontein 15-8

Verloor HTSM 17-6

Wen Wilgerivier 24-0

Wen Ermelo 5-1

 

Eindig algeheel vyfde.

 

 

Algehele uitslae

 

Dogters

  1. Afrikaans Hoër Meisies
  2. Garsfontein
  3. NHS
  4. Monument
  5. Wilgerivier
  6. NHS 2
  7. Ermelo
  8. Merensky

 

 

Seuns

 

  1. Boland
  2. HTS Middelburg
  3. Garsfontein
  4. Afrikaans Hoër Seuns
  5. NHS
  6. Ermelo
  7. Monument
  8. Wilgerivier