Groot 5-toernooi weer eens 'n sukses

Groot 5-toernooi weer eens ‘n sukses

February 14, 2017
|

Agt dogterspanne en 8 seunspanne het die naweek aan NHS se Groot 5 Toernooi deelgeneem. NHS se dogters is algeheel 2de en die seuns 4de. Deelnemende skole, NHS, Garsfontein, Merensky, HTSM, Ermelo, AHMP, Monument, Wilgerivier, AHS en Boland Landbou, het by vyf verskillende tennisbane in die dorp gespeel – NHS, Laerskool Nelspruit, Hoërskool Bergvlam, Van Riebeeckpark en Panorama. Die toernooi is met ‘n dinee afgesluit.