Graad 7's kom kyk hoe klop 'n Nellie-hart

Graad 7’s kom kyk hoe klop ‘n Nellie-hart

May 10, 2017
|

NHS het Maandag 8 Mei sy jaarlikse opedag aangebied. Graad 7’s en hul ouers is uitgenooi om te kom kyk wat die skool hulle bied.

Voornemende Nellies is van naby en van ver per bus aangery om ‘n volledige skooltoer mee te maak, wat gevolg is deur ‘n revue-vertoning. Die toer het nie net ons fasiliteite bekendgestel nie, maar ook onder andere kultuuraktiwiteite en ‘n paar klaskamer-scenarios ingesluit. Daarna is die graad 7’s na die stadsteater vervoer om ons leerders op die planke te aanskou.

Inligting vir voornemende graad 8’s vir 2018 is op die D6 beskikbaar onder “BRONNE/Voornemende graad 8’s”.