Graad 10 Besigheidstudie-leerders hou Entrepreneursdag

Graad 10 Besigheidstudie-leerders hou Entrepreneursdag

September 5, 2019
|

Die graad 10’s of soos hulle nou bekend staan die “toekomstige besigheidsbreine” van die skool het op Vrydag 30 Augustus die leerders en onderwysers in toue laat staan by hulle stalletjies tydens die graad 10’s se entrepreneursdag.

Die Besigheidstudie-leerders het baie inisiatief aan die dag gelê met 31 unieke stalletjies wat alles van sushi (wat in die eerste 30 minute uitverkoop het), yskoffie, oliebolle, taco’s en smoothies verkoop het. Die note het behoorlik in gerol by die preggo-stalletjie, hulle buurvroue se soettandstalletjie “Dikilisious” en die aarbei-smoothie-stalletjie. As die dors jou vang kon jy aan ‘n Coke met ‘n fopspeen op teug.

Hierdie projek se opvoedkundige waarde lê in die deeglike beplanning van die stalletjie, die opstel van ‘n sakeplan en ook die bemarking en marknavorsing wat gedoen moes word om hul produk of diens te verkoop. Hierdie oefening loop hand aan hand met die kurrikulumwerk wat dan ook prakties uitgeoefen is.
Wat ‘n wonderlike dag, en dit alles te danke aan die entoesiastiese en kreatiewe graad 10 Besigheidstudiesgroep. Baie dankie vir julle oulike insette en smullekker kos en koeldrank!