Gr.10's reik uit na Katoen

Gr.10’s reik uit na Katoen

September 13, 2017
|

Hoërskool Nelspruit streef daarna om ‘n gesindheid van diensbaarheid by leerders te kweek van gr.8 tot gr.12. Sodoende vorm ‘n uitreikprojek deel van die kurrikulum in gr.10 Lewensoriëntering en moes leerders ‘n probleem in die gemeenskap identifiseer en ‘n verskil in iemand se lewe maak. 

Een gr.10-leerder, Jacqueline Theron het aanvanklik een welsynsinstansie in die omgewing gekontak waar sy skoene, klere en speelgoed vir die kinders gevat het, maar gevoel het dat mens selfs nog ‘n groter verskil kon maak. 

So het Jacqueline by navraag van Katoen Uitreik net buite Witrivier gehoor waar daar groot nood heers. Sy het met ‘n idee vorendag gekom en ‘n brief aan mnr. André Willcock van Westend Superspar geskryf en toestemming gekry om Saterdag 27 Augustus kruideniersware in te samel vir Katoen by ‘n tafeltjie buit die supermark. Haar ouers asook groepslid Jacqui Kruger se ouers het haar ondersteun deur ‘n klompie items te koop en uit te stal waarna die dogters met selfvertroue die dag saam met hul ander groepmaats kon aanpak. 

 

Die gemeenskap het hul harte en beursies oopgemaak en die dag was ‘n groot sukses. Die leerders kon tussen 09:30-18:00 ‘n hele bakkie vrag vol kruideniersware insamel en Jacqueline het sommer self uit haar spaarblikkie ook ‘n bydrae gemaak. 

“Hierdie projek het ons geleer dat dit lekkerder is om te gee as om te ontvang,” sê Jacqueline. 

 

Katoen Uitreik  is ‘n nie winsgewende organisasie. Hulle grootste doel is om haweloses in die gemeenskap by te staan. Die kinders het die leerders het die kindertjies van Katoen in Rocky Drift op 2 September besoek. Hier woon mense in tente en karrevane en allerhande selfgeboude skuilings. “Hulle kry swaar en is afhanklik van die die organisasie vir hul kos elke dag.” Die leerders kon dus die koskaste aanvul met kruideniersware van R12600 wat met groot dankbaarheid ontvang is. Die items het ook 26 nuwe komberse en lekkers ingesluit tot die kinders se genot. 

“Al die maats in hierdie groep weet in hul harte hulle het ‘n groot verskil in die lewens van hierdie kinders en arm mense gemaak,” meen mev. Tereasa Theron, Jacqueline se moeder. 

 

Voor: Vene Venter, Jacqueline Theron, Jacqui  Kruger, Michelle Bouwer, Shannon Bezuidenhout, Miena Reyneke en Melanie Clark (bestuurder). Agter:  Simone Wiid, Charl Wiid en Bianca (stoorbestuurder).