Gimnasium

Gimnasium

NHS GIMNASIUM

NHS Gimnasium

Volledig toegeruste gimnasium

Biokinetikus vir: Algemene kondisionering

Sportspesifieke oefenprogramme

Sportevaluerings

Voor- en na-operasie versterking

Spesiale populasies(cholesterol,hipertensie, beroerte)

Laerskool atlete baie welkom

Lede van die publiek ook welkom

NHS Leerders

Oefening geskied as individu of in spanverband onder toesig van ‘n biokinetikus

Oefentye: Maandae tot Donderdae tussen 14:00 en 17:00

Kom besoek gerus die gimnasium of skakel met Joanita Badenhorst as u enige vrae het

NHS Publiek

Alle Nellie-ouers en lede van die publiek is welkom om by NHS Gimnasium aan te sluit

Tye: 05:00 – 10:00 en 17:00 – 18:00

Nuwe lede voltooi ‘n gesondheids-evaluasie, hulle ontvang ‘n program en word bygestaan tydens oefensessies

Daar word ook fiksheids-evaluasies en sportspesifieke evaluasies op sosiale en proffesionele sportlui gedoen

Persone met spesiale behoeftes soos hipertenise, diabetes, asma, artitis, osteperose is ook almal welkom om van die biokinetiese dienste gebruik te maak

Voor- en na-operasie versterking en rehabilitasie word ook gedoen

Laerskool Leerders

Daar is reeds ‘n gevestigde groep Laerskool-leerders wat 2 tot 4 dae per week by NHS se gimnasium oefen. Die ouderdomme wissel van 11 tot 13 jaar

Die hoofdoel van hierdie groep is om speel-speel fiks te word. Ons probeer baie hard om die kinders lief te maak vir oefening

Elke kind voltooi ‘n fiksheidsevaluasie wat aan die einde van die kwartaal herhaal word. Hy/sy bou sy eie fiksheidsprofiel en vordering word gemonitor

Graad 7-leerders word hartlik uitgenooi om reeds in die derde kwartaal deel te word van die Nellie-oefenkultuur deur by die gimnasium aan te sluit

NHS Gimnasium nuusbrokkies

In Augustus is vier nuwe fietse asook swaarder en meer gewigte vir die manne aangekoop.
Nellies en toekomstige Nellies word genooi om met ‘n voorseisoen program te begin.

Kontakbesonderhede

Joanita Badenhorst by 084-625-1506

Hoërskool Nelspruit by 013-755-2082

g2

g1

g4

g5

g3