Geil medalje-oes vir NHS-atletieksterre in Pretoria

Geil medalje-oes vir NHS-atletieksterre in Pretoria

February 5, 2018
|

Al het swaar reënbuie Vrydag 2 Februarie Affies se vyfhoekige byeenkoms in Pretoria, voortydig beëindig, het die Nellies in die items wat wel afgehandel kon word, bewys dat hulle in die uitgelese geselskap soos dié van die gasheerskool, Waterkloof, Kempton Park en Grey College (Bloemfontein), meer as net hul man kan staan.

 

Die Laevelders het in totaal tien goue-, agtien silwer- en ook agtien bronsmedaljes huis toe gebring. Die sterk mededinging het die beste uit elke atleet gehaal, wat bewys word deur die feit dat ‘n groot aantal atlete, na die byeenkoms met nuwe persoonlike beste vertonings (pb’s) spog.

 

Na uitstekende prestasies tydens die interhuis- en tuisbyeenkomste, het Rhodé Nel (m.15) verdere grense verskuif toe sy in die 400m met ‘n ongelooflike tyd van 58.56 sek. die skare laat regop sit het. Daarmee het sy kleingeld van Nicola Cronjé se Nellie-rekord van 59.50 sek. gemaak en haar kleim vir ‘n medalje by vanjaar se nasionale kampioenskappe, duidelik afgesteek. Rhodé se pragtige ABSA-punt van 934 punte, was ook die beste deur ‘n NHS-atleet, van die dag.

 

Shana Scott (m.15) en Van Reenen Kruger (s.15) het ook meer as 900 punte verdien. Shana se 34,45m in skyfwerp, het haar 929 punte besorg, terwyl Van Reenen al nader aan Thulani Sambo se 100m hekkies-rekord van 13.62 sek. nael en met ‘n puik wentyd van 13.65 sek. (923 punte) ook sy vorige beste tyd verpletter het. 

 

Baie geluk aan die volgende atlete wat onder die eerste drie, in hul onderskeie items geëindig het (ABSA-punte bo 800 word aangedui):

 

Eersteplekke (goud)

 

Van Reenen Kruger (s.15): 100m hekkies – 13.65 sek.; ook 300m hekkies – 41.25 sek. (804)

Stefan Smit (s.19): skyfwerp – 46,76m

Ruan Labuschagné (s.19): 400m hekkies – 55.81 sek.

Mackie Ngwenya (s.17): hoogspring – 1,70m

Zander vd Merwe (s.16): spiesgooi – 53,53m (814)

Wian Otto (s.19): gewigstoot – 14,69m

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 10,79m

Jessica Berry (m.17): 1500m – 5:00.06

Rhodé Nel (m.15): 400m – 58.56 sek.

 

Tweedeplekke (silwer)

 

Chyle van Zyl (s.17): gewigstoot – 14,83m

Devon Nell (s.17): 400m hekkies – 55.19 sek. (870)

Henrique de Lange (s.19): 400m hekkies – 58.62 sek.

Mackie Ngwenya (s.17): verspring – 6,39m

Lourens Potgieter (s.16): 100m – 11.62 sek.

Phillip Vogel (s.14): hoogspring – 1,60m (865)

Jacques Marais (s.16): verspring – 6,15m (815)

Marco Capazorio (s.14): 100m hekkies – 14.97 sek.

Lallie Grobler (m.14): 300m hekkies – 48.60 sek. (814)

Larise Combrink (m.14): 100m – 13.44 sek.; ook verspring – 4,92m (884)

Marné van Aarde (m.19): spiesgooi – 35,72m; ook gewigstoot – 10,72m

Shana Scott (m.15): skyfwerp – 34,45m; ook gewigstoot – 11,41m (817)

Kyla Labuschagné (m.16): 400m – 63.25 sek.

Nicola Cronjé (m.17): 400m – 62.71 sek.

Nicci Viljoen (m.15): 90m hekkies – 14.44 sek.

 

Derdeplekke (brons)

 

Andreas Fouché (s.14): spiesgooi – 40,09m

Douw Kruger (s.16): gewigstoot – 15,20m (879); ook spiesgooi – 52,02m

Handré vd Merwe (s.14): 300m hekkies – 43.87 sek.

Wian Otto (s.19): skyfwerp – 39,03m

Luan Steyn (s.14): 1500m – 4:52.53

Ewald Putter (s.17): hoogspring – 1,70m

Ben Strydom (s.19): 400m – 52.93 sek.

Megan Nel (m.17): verspring – 5,32m (840)

Nicci Viljoen (m.15): 300m hekkies – 47.41 sek.

Tayla Kotzee (m.16): 400m hekkies – 76.83 sek.

Ilke Joubert (m.19): spiesgooi – 29,68m

Nicolize Aucamp (m.15): 400m – 62.65 sek.

Ilse Coertser (m.14): 90m hekkies – 15.42 sek.

Lané Taljaard (m.15): 90m hekkies – 14.93 sek.

Inge Meyer (m.15): verspring – 4,75m

Chanté Nel (m.19): 100m hekkies – 18.06 sek.

Lizaan Olivier (m.17): gewigstoot – 10,26m

 

Die uitstekende vertonings van talle van die ander atlete (nie-medaljewenners) wys duidelik hoe hoog die standaard was wat deurgaans gehandhaaf is. Nog ‘n paar Nellies wat uitgeblink het:

 

Meli Mazibuko (s.19): verspring – 6,26m

Ben Strydom (s.19): verspring – 6,11m

Ricardo Raubenheimer (s.14): hoogspring – 1,56m (830); ook spiesgooi – 38,79m

Phillip Vogel (s.14): spiesgooi – 38,36m

Janrico Vermeulen (s.17): gewigstoot – 14,08m

Aubrey vd Bank (s.17): gewigstoot – 13,51m

Marco Capazorio (s.14): 300m hekkies – 44.43 sek.

Henko de Nysschen (s.16): 100m – 11.93 sek.; ook 400m hekkies – 60.40 sek.

Hendrik Dreyer (s.15): spiesgooi – 44,67m

Ben Strydom (s.19): 100m – 11.34 sek.

Ruan Labuschagné (s.19): 100m – 11.40 sek.

Mechiel Brink (s.14): hoogspring – 1,51m

Adriaan van Aarde (s.17): hoogspring – 1,70m

Morné Labuschagné (s.16): verspring – 5,88m

Marcel Saayman (s.16): spiesgooi – 49,68m

Luthando Mabuza (s.15): 1500m – 4:38.27

Conraad Grobbelaar (s.16): 1500m – 4:28.18

Matthys Wessels (s.17): 1500m – 4:27.71

Tertius Mentz (s.19): 1500m – 4:13.25

Charlie Naudé (s.19): 1500m – 4:21.34

Wikus van Biljon (s.14): 400m – 58.31 sek.

Brent de Villiers (s.14): verspring – 5,31m (884)

Chyle van Zyl (s.17): skyfwerp – 41,11m

Frederick Nel (s.15): gewigstoot – 13,64m

Handré vd Merwe (s.14): 100m hekkies – 15.34 sek.

Devon Nell (s.17): 110 m hekkies – 14.52 sek.

Mieke Louw (m.14): 300m hekkies – 50.82 sek.

Kayla de Villiers (m.14): hoogspring – 1,40m (806)

Chantel Olivier (m.16): hoogspring – 1,40m

Silvia Barnard (m.14): spiesgooi – 26,59m

Cherise van Duyker (m.17): 400m hekkies – 70.34 sek.

Rhodé Nel (m.15): 100m – 13.10 sek.

Kyla Labuschagné (m.16): 100m – 13.30 sek.

Dané Bruwer (m.17): skyfwerp – 26,93m

Wilmi Basson (m.15): 1500m – 5:27.15

Mila de Villiers (m.16): 1500m – 5:16.46

Karien Goosen (m.14): verspring – 4,76m (838); ook 400m – 66.21 sek.

Christine Kruger (m.16): spiesgooi – 29,22m; ook gewigstoot – 11,94m

Thembi Cossa (m.19): 400m – 64.10 sek.

La-Alizia Venter (m.14): skyfwerp – 23,53m

Tayla Kotzee (m.16): 100m hekkies – 17.20 sek.

Zanelle Moller (m.17): 100m hekkies – 16.59 sek.