Fiosioterapeute

Fiosioterapeute

FISIOTERAPIE DIENSTE NOU BESKIKBAAR

BY SKOOL

TYE BY SKOOL: MAANDAE EN WOENSDAE

Ons is bly om u in kennis te kan stel dat ons skool nou die dienste van ’n fisioterapeut tot ons beskikking het. Elize Kritzinger sal haar dienste op die skoolgronde beskikbaar maak op Maandae en Woensdae elke week. Inisieel sal sy vanaf die Noodhulpkamer op die sportgronde praktiseer, daar word beplan dat sy in die toekoms in die gimnasium saam met die Biokinetikus en die res van die sportspesialiste sal werk.

Almal is welkom om van haar dienste gebruik te maak, ouers en ander familielede inkluis, alhoewel die middag-afsprake vir die skoolkinders gereserveer sal word. Afsprake kan by Joanita gemaak word (0846251506). Kostes vir die fisioterapeut sal direk van u mediesefonds geëis word, so maak seker u bring alle besonderhede saam. Vir die wat nie mediesefonds het nie, ’n kontant konsultatie is R250.

U ondersteuning sal waardeer word, en indien u enige vrae het oor Elize of die dienste beskikbaar, hier is haar kontak besonderhede:

Elize Kritzinger
0822957184
(013) 712 6977