Finsbury Krieket

Finsbury Krieket

February 25, 2016
|

Nellies presteer in Finsbury-liga

 

Andre en Jacques Vosloo

Andre en Jacques Vosloo

Hoërskool Nelspruit se eerste krieketspan het die afgelope naweek ‘n algehele vierde plek in die Finsbury Superliga A-bond behaal nadat hulle Hoërskool Monument met twee paaltjies geklop het.

Monument het eerste gekolf en 218 lopies vir 8 paaltjies in 50 beurte aangeteken. Jon Hinrichsen het met sy boulwerk geskitter en vier paaltjies vir 52 lopies in tien beurte geneem.

Die Nellies het in die 50ste beurt Monument se telling oorskrei en 219 vir agt paaltjies geslaan. André Vosloo was met 102 lopies (nie uit nie) as die beste kolwer aangewys.

Die o/15-span het ook hulle opponente van Hoërskool Monument uitoorlê en ‘n algehele derde plek in die liga behaal.

Jacques Vosloo het vier paaltjies vir 18 lopies in agt beurte geneem en Monument is vir 195 lopies uitgeboul. Jacques is ook as die beste kolwer van die dag aangewys, nadat hy 109 lopies aangeteken het en die Nellies met 198 lopies vir die verlies van ses paaltjies die wedstryd met vier paaltjies kon beklink.