Fasiliteite

Fasiliteite

 

FASILITEITE

 

Die nuwe voorportaal

 

DSCF4224 kleiner

 

Na die vreeslike lang Junie-vakansie het die Huis Mare inwoners verstom gestaan.  Sommige het selfs gewonder of die koshuis ingeskryf het vir die TV- reeks Extreme Home Make-over!  Hoekom? Ons voorportaal is in ‘n kort rukkie omskep in ‘n pragstuk!

Voordele van die nuwe ingangsportaal:
Vergrootte glasvenster:
–    Verbeter jou haarstyl – veral in die spoedtydperk  voor skool. ‘n Skewe bolla kan vinnig reggepluk word!
–    Spring ongewenste “kuiergaste” maklik vry.
–    Ouers wat onverwags by die koshuis opdaag nadat leerders rapporte ontvang het, word doeltreffend vermy.
–    Skiwwies se voordeurdiens verbeter daadwerklik! Onderwyseresse wat diens doen kan van ver af bespeur word en die “I’m-really-busy-look” skop vinnig in.
–    Kommunikasie met die buitewereld verbeter aansienlik. Handgebare is duidelik sigbaar tussen die meisies binne die voorportaal en die persoon buite.

Verbeterde vloerspasie:
–    Danskompetisies tussen gange kan nou met gemak plaasvind in die voorportaal.
–    Aerobiese klasse kan aangebied word op die gladde teëls.
–    Die jongste Idols treffers kan ingeoefen word – die akoustiek is UITSTEKEND!

Nuwe toonbank:
–    Die koshuis lyk uiters professioneel.
–    Die skiwwi’s hoef nie meer by pieperige skoolbankies te sit nie.
–    Dit is nou makliker om agter die toonbank in te kom indien jy vinnig sou wou wegkruip.

Op ‘n ernstige noot:
Vir die meeste koshuisdames is daar min bewustheid van die groot hoeveelheid werk en opofferings wat moes plaasvind om die Huis Mare – beeld te verbeter.  Graag wil ons almal bedank wat betrokke was om die projek ‘n groot sukses te maak.  Ons bly trotse Huis Mare – dames. NHS – dames met finesse.                                 Ivanke Swart.

 

 

DSCF4221 kleiner

 

DSCF7685 kleiner

Chantelle van Staden en haar ma knip die nuwe voorportaal se strik.

 

 

 

 

TUINE

 

a1 a21

 

BINNENSHUISE SWEMBAD

 

Vooraansig Swembad
Copy_of_IMGP0605 IMGP0082
IMGP0083 IMGP0086
Stoombaddens Jacuzzi

 

SALON

 

a20

Copy_of_IMGP0648

Copy_of_IMGP0650

 

EETSAAL EN BINNETUIN

 

KLETSER_FOTOS_-_RIZE1