EXPO: Nellies presteer by Tritech

EXPO: Nellies presteer by Tritech

September 19, 2016
|

Nellies presteer by  Tritech

 

melissa-goetze

Melissa Goetze

‘n Groep gr. 10 leerders van Hoërskool Nelspruit het op 17 September aan die Tritech Wetenskap Expo se nasionale ronde in Tzaneen deelgeneem en skoonskip gemaak.

Melissa Goetze se projek getitel, Aquaponics using a bell syphon to flood and drain” het nie net vir haar ‘n goue toekenning opgelewer nie, maar sy het ook die tweede plek in haar kategorie behaal.

Beide Lauren Viljoen en Wizelle Kritzinger het silwer toekenning verower.  Lauren het die effek van nitrate en fosfate in waspoeier op rioolstelsels ondersoek, terwyl Wizelle se projek oor die elektroliete wat lemoensap en sportdrankies bevat gehandel het.

Carmen Charls se projek wat die teenwoordigheid van elektroliete in pH water toets het vir haar ‘n brons sertifikaat verseker.

‘n Brons sertifikaat is ook aan Kees-Piet Barnhoorn toegeken vir sy projek oor ‘n Wonderpomp wat verhoogte produktiwiteit en selfesteem asook verlaagte kostes tot gevolg het.

wizelle-kritzinger  kees-piet-barnhoornlauren-viljoen

 

 

 

 

 

 

 

 

Wizelle Kritzinger              Kees-Piet Barnhoorn           Lauren Viljoen