Entrepeneurs- en Loslitdag

Entrepeneurs- en Loslitdag

September 5, 2016
|

Entrepeneurs- en Loslitdag

IMG_8078

Op Vrydag 2 September is Loslitdag gehou en leerders het saamgespan om fondse in te samel vir dié bewusmakingsprojek vir persone met gestremdhede. 

Tydens pouse het die entrepreneurs gesorg vir ‘n heerlike atmosfeer in die lug. Die graad 10 Besigheidstudieklas het die geleentheid gehad om hul kreatiwiteit en besigheidsvaardighede ten toon te stel en heerlike kosgeure het die leerders na die stalletjies gelok.

IMG_8100

Daar was ‘n wye verskeidenheid items te koop, van die lekkerste ystervarkies, fudge, soetkoekies, aartappelskyfies en prego’s tot interessante handgemaakte produkte soos geesstokke.  Leerders het ook betaal om hul hare te kleur ten bate van die stryd teen kanker. 

Die dag is met entoesiasme aangepak en die entrepreneurs het begrip getoon van hoe ‘n besigheid funksioneer.  Hul sakeplanne is in aksieplanne omskep en deel van hulle beplanning vir die entrepreneursdag het onder andere die organisering van kleingeld, bemarking en operasionele detail soos byvoorbeeld die beskikbaarheid van elektrisiteit ingesluit.

Charles de Kock

Ten einde die beginsel van korporatiewe sosiale investering toe te pas het die leerders ‘n liefdadigheidsorganisasie gekies aan wie hulle ‘n deel van hul wins wat op die dag gegenereer is sal skenk.