Ekspo

Ekspo

 Nellie ontvang toekenning

 

by Nasionale Ekspo

 

 

Saal 20 Okt 2014 Oom Hendrik verjaarsdag 006

Nelspruit Hoërskool is baie trots op Kalvin Mattheus, ‘n graad 10 leerder, wat die afgelope vakansie ‘n silwer toekenning by die Nasionale Eskom Ekspo, wat in Johannesburg plaasgevind het, ontvang het. Baie geluk.

 

 

 

 

NHS oes medaljes in by ekspo

 

Agt leerders van Nelspruit Hoërskool het die afgelope naweek aan die volgende ronde van die Laeveld Ekspo by Penryn deelgeneem en die skool se naam hoog gehou. Kalvin Mattheus, Xander Kirsten, Werner Bouwer en Shan-Rich Lemmer het gouemedaljes verower, terwyl Chanel Mattheus, Marika Nieuwoudt, Chanté van der Merwe en Pieter Schoeman silwermedaljes ingeoes het.

 

 

Saal 1 Sept 2014 421edit

Voor: Pieter Schoeman, Werner Bouwer en Shan-Rich Lemmer.
Agter:  Xander Kirsten, Marika Nieuwoudt, Kalvin Mattheus, Chanté van der Merwe en Chanel Mattheus.

 

 

 

 

 

 

 

Nellies presteer by Tritec Expo

 

Beeld Finaal 2014 248 edit

       Chanel Mattheus, Kalvin Mattheus, Werner Bouwer en Pieter Schoeman.

 

 


Vier leerders van Hoërskool Nelspruit het die afgelope naweek aan die Tritec Expo by Hoërskool Merensky deelgeneem en uitstekend presteer.  Kalvin Mattheus het ‘n brons sertifikaat ontvang en was ook algeheel derde in die “Senior Engineering & Design” kategorie.  Chanel Mattheus, Werner Bouwer en Pieter Schoeman het silwer sertifikate verower.

 

 

 

 

 

 

 

NASIONALE  EXPO VIR JONG

 

WETENSKAPLIKES 

 

 

 

NHS behaal uitstekende uitslae by Ekspo

Hoërskool Nelspruit het die afgelope week vyf gouemedaljes by die Mbombela-distrik Ekspo ingeoes en boonop weggestap met die toekenning vir die beste senior-projek.  
Die volgende prestasies is behaal:

Goue medaljes:
1.    Chanel Mattheus – wen ook toekenning vir beste senior projek
2.    Kalvin Mattheus en Shan-Rich Lemmer
3.    Werner Bouwer
4.    Chanté van der Merwe en Marike Nieuwoudt
5.    Zander Kirsten

Silwer:
Pieter Scheepers

Brons:
1.     Estefan Steyn
2.    Jané de Vos en Angelique Stronkhorst
3.    Chané Smith en Bonita du Plessis