Eerste krieketspan klere-oorhandiging

Eerste krieketspan klere-oorhandiging

Die eerste krieketspan se klereoorhandigingsfunksie is op Maandag, 5 Augustus in Westvaal se uitstalruimte aangebied. Die funksie bied die afrigters die geleentheid om die spelers aan die ouers en borge bekend te stel, klere te oorhandig en bietjie meer te gesels oor die komende seisoen. Die borge, Westvaal Nelspruit en HiQ Nelspruit, is ook bedank vir hulle betrokkenheid by die span.
Die spelers het die afgelope vakansie deelgeneem aan die Mozzie-reeks en het ook ‘n vriendskaplike wedstryd teen Penryn gespeel. Die span oefen hard, is doelgerig en wys goeie spangees. Dit beloof om ‘n baie opwindende krieketseisoen te wees. Van hierdie wedstryde sal ook lewendig uitgesaai word op die Nellie-TV kanaal. Hou ons webwerf dop vir meer besonderhede.