Drie rugbyspanne deur na Virseker Beker-halfeindronde

Drie rugbyspanne deur na Virseker Beker-halfeindronde

August 14, 2017
|

Johan Orton

 

Hoërskool Nelspruit het Saterdag met drie van sy spanne deurgedring na die halfeindronde van die Virseker Beker, voorheen ook bekend as die Administrateurs Beker, Dirketeurs Trofee en onlangs die Beeld Trofee. Die beker gaan vir die beste hoërskole rugbyspan in die ou-Transvaal grensgebied en uitspeelwedstryde vind tussen al die kampioene van die onderskeie streke, Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en Noord-Wes plaas. Nelspruit het die gesogte beker al in al die ouderdomsgroepe gewen. Die Nellies se spanne het die trofee al drie maal ingepalm en hul mees onlangse wen was die eerste span teen Hoërskool Garsfontein in 2014 se finaal. In 2006 het die o/14’s teen Affies die beker gewen en in 2008 het die o/16’s teen Monument gewen. Vorige jare wat NHS  in die finaal was, is 1972, 1975 en 1989.

 

NHS neem aan die Makro- afdeling deel wat beteken dat hulle saam met groot en rugbyskole in ‘n kategorie val. Skole soos Monument, HTS Middelburg, Menlopark, EG Jansen, Kemptonpark, Garsfontein en Waterkloof val in hierdie poel. Vir ‘n plattelandse skool om so goed te presteer is egter ongelooflik goed vir ons dorp en gemeenskap.

 Nelspruit se drie spanne wat deurgedring het na die halfeind is die 0/14A-span wat vir Garsfontein 39-10 geklop het, NHS se 0/16A wat Garsfontein 47 – 20 geklop het en NHS se eerste span wat Menlopark 36 -0 gewen het.

 

Foto’s: Johan Orton