Dr. Louis Swanepoel: Totsiens maar nie vaarwel

Dr. Louis Swanepoel: Totsiens maar nie vaarwel

August 1, 2017
|

Dr. Louis Swanepoel het Maandag 31 Julie die Nellies tydens ‘n spesiale saalopening gegroet as hoof van Hoërskool Nelspruit. Veral sy staaltjies oor leerders oor die jare heen het leerders aangegryp en daar is met ‘n unieke seremonie van hom afskeid geneem.

Hy is sedert 1994 as adjunkhoof by NHS werksaam en het in 2005 die leisels as hoof oorgeneem. Dr. Swanepoel en sy vrou mev. Betsie Swanepoel bly aan in Nelspruit vanwaar hy sy verantwoordelikhede as president van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie sal uitoefen.Lees ook sy groetboodskap in die volgende uitgawe van NH Kletser.

 

 

 

Video