Die Nellies kook!

Die Nellies kook!

May 10, 2017
|
Hoërskool Nelspruit se gasvryheid-leerders neem deel aan Die Groot Ontbyt se Skole Kook-kompetisie wat op KykNET uitgesaai word.
 
Die Gasvryheid- en Verbruikerstudie-vakke is belangrik om kinders van jongs af te leer om entrepreneurs te kan raak om eendag hulle eie besighede te kan begin. Die program wys hoe leerders reeds op skoolvlak kan bak en kook.
 
 
Die kamera- en beoordeelaarspan was reeds verlede week hier om die eerste ronde op film vas te vang. NHS is nou deur na die semifinale op 25 en 26 Mei in Nelspruit. Die finale vind dan 29 Mei plaas en die wenners word op 7 Junie bekendgemaak.
 
 
Die Nellie-span bestaan uit Chevonne Fourie, Elsie Jacobs, Jeanmarie Loots en Ananke Landman onder leiding van mev. Erna Janse van Rensburg.
 
Skole Kook word Woensdae 7:00 op Die Groot Ontbyt (kykNET kanaal 144 en 145) uitgesaai en om 9:00 op kanaal 145 herhaal.