Die 2019 NWU-Landloopkompetisie was ‘n groot sukses!

Die 2019 NWU-Landloopkompetisie was ‘n groot sukses!

May 27, 2019
|

Die NWU-landloopkompetisie is vanjaar op 23 en 24 April in Potchefstroom aangebied. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan mnr. Johan Peyper van NWU wat in besondere moeilike en nat omstandighede vir ons die baan opgeslaan en die byeenkoms georganiseer het.

Die kompetisie het vanjaar weer oor twee dae plaasgevind. Op Dinsdagmiddag, 23 April, is die 4km-landloopwedstryd gehardloop. ‘n Totaal van 78 atlete het in elke kategorie weggespring. Tydens hierdie wedloop is die posisie van die eerste 4 atlete per span bymekaar getel.

Die volgende dag is die afloskompetisie van 6 x 1600m gehou. Na afloop van hierdie wedloop is die aflosposisie met 4 vermenigvuldig en toe by die strafpunte van die 4km-landloopwedloop getel. Sodoende is die finale uitslag volgens die totale aantal strafpunte bepaal. Die span met die minste strafpunte wen dus die kategorie.

Die uitslae was as volg:

Dogters
Juniors  
Menlopark     
E.G. Jansen           
Kemptonpark 

Seniors 
Menlopark                                  
Kemptonpark                             
Garsfontein                                

 Algeheel
Menlopark     
Kemptonpark               
Nelspruit                       

Seuns
Juniors       
Menlopark 
Nelspruit   
Kemptonpark     

Seniors 
Menlopark                                  
HTS Middelburg                             
Eldoraigne                                         

Algeheel
Menlopark     
Nelspruit       
HTS Middelburg         

Die weer het vanjaar aan atleet en toeskouer verskeie uitdagings gebied. Dit was koud en nat en baie reënerig. Die roete was plek-plek letterlik onder water.

Om hierdie rede het ons vanjaar nie ‘n aparte massawedloop gehad nie. Die ekstra 4km-atlete het saam met die ander in hulle betrokke ouderdomsgroepe deelgeneem, maar hulle is net nie by die formele spankompetisies se uitslae ingereken nie. Al die reserwe-aflosatlete het tydens die senior seuns se afloswedloop gehardloop.

Dit was ‘n modderige byeenkoms wat nooit vergeet sal word nie!