Derde plek vir NHS-krieket in Noord-Suid T20-toernooi

Derde plek vir NHS-krieket in Noord-Suid T20-toernooi

September 25, 2018
|

Hoërskool Nelspruit onlangs aan die eerste Noord-Suid T20-reeks deelgeneem. NHS is die enigste span van Mpumalanga wat genooi is om van 21-24 September aan die toernooi deel te neem. Ander skole vanuit die Noorde wat deelgeneem het is hoërskole Waterkloof, Centurion, Menlopark, Rustenburg, Noordkaap (Kimberley), Grey College Bloemfontein en Hoër Volkskool Potchefstroom. Uit die suide van Suid-Afrika het Bishops (Kaapstad), Paarl Gimnasium, Wynberg Boys High (Kaapstad), Westville College (Durban), Glenwood (Durban), Northwood (Durban) en St Andrews (Grahamstown) deelgeneem. 

NHS het die reeks Vrydag afgeskop met ‘n wen teen Glenwood (twee paaltjies op die laaste bal) waarna die Nellies Saterdagoggend teen Rustenburg met vyf paaltjies gewen het en die middag teen Paarl Gim met agt paaltjies gewen het. Hierna is daar verdere uitspele gespeel om posisie een tot 16 te bepaal. In die kwartfinaal het NHS Waterkloof met vier paaltjies gewen, maar in die semifinaal teen Menlopark, wat uiteindelik ook die toernooiwenners was, met 70 lopies verloor. Nelspruit het uiteindelik derde geëindig na ‘n wen met 46 lopies teen Grey College Bloemfontein. 

Wedstryde het in en om Pretoria plaasgevind.