CANSA-debutante bring hul kant met Sprayathon

CANSA-debutante bring hul kant met Sprayathon

May 26, 2017
|

Hoërskool Nelspruit neem jaarliks deel aan die Cansa Nelspruit se debutante- en ambassadeursprojek.

Cansa gee erkenning aan die deelnemende leerders wat R2500 of meer insamel in die betrokke jaar.

NHS het 12 debutante en vier ambassadeurs vir 2017. Leerders ouer as 16 mag deelneem aan hierdie gemeenskapsprojek en sekere tersiêre rigtings gee ook erkenning hiervoor.

Op 26 Mei is daar ‘n Sprayathon by die skool gehou waartydens R4500 slegs in een pouse ingesamel is. Volgens die organiseerder, me. Magda van der Merwe het die Nellies die projek in ware Nellie-gees ondersteun.

ë