Bykans 700 atlete neem deel aan MPU Copiers Tuis-atletiekbyeenkoms

Bykans 700 atlete neem deel aan MPU Copiers Tuis-atletiekbyeenkoms

January 30, 2018
|

Hoërskool Nelspruit het Saterdag die jaarlikse MPU Copiers Tuis-atletiekbyeenkoms aangebied. Bykans 700 atlete van vyf skole het deelgeneem.

Afrikaans Hoër Meisies het 105 eerste, tweede en derde plekke behaal, Hoërskool Nelspruit 116, Afrikaans Hoër Seuns 90, Ben Vorster van Tzaneen 30 en Rob Ferreira van Witrivier, 43.

“Vriendskapllike byeenkomste soos dié gee atlete  geleentheid vir massa-deelname. Hierdie blootstelling is belangrik en ontwikkel diepte by die atlete ter voorbereiding van groter byeenkomste soos die Laeveld- Interhoër en Super Interhoër wat om die draai is”, sê mnr. DP Badenhorst, atletiek en sport-organiseerder.

 

NHS se top 10 seun-prestasies van die byeenkoms

  1. Jade Swanepoel (hoogspring)
  2. Devon Nell (400m hekkies)
  3. Van Reenen Kruger (100m hekkies)
  4. Douw Kruger (gewigstoot)
  5. Lourens Potgieter (200m)
  6. Terrence Terblanche (verspring)
  7. Van Reenen Kruger (300m hekkies)
  8. Henko de Nysschen (200m)
  9. Tertius Mentz (800m)
  10. Ruan Labuschagne (400m hekkies)

 

NHS se top 10 dogter-prestasies van die byeenkoms

  1. Shana Scott (skyfwerp)
  2. Christine Kruger (gewigstoot)
  3. Rhode Nel (100m)
  4. Lane Taljaard (hoogspring)
  5. Rhode Nel (200m)
  6. Shana Scott (skyfwerp)
  7. Larise Combrinck (verspring)
  8. Linmarie Potgieter (hoogspring)
  9. Nicci Viljoen (300m hekkies)
  10. Lallie Grobler (300m hekkies)

 

 

Trofeë-wenners op die dag: Seuns

  • Kortafstand-hekkies (100m): Tshego Ramaloka (BV)
  • Kortafstand (200m): Bjorn van Wyk (AHS)
  • Langafstand (3000m): Andreas van Heerden (NHS)
  • Langafstand-hekkies (400m): Gerdus du Plessis (AHS)
  • Middel-afstand (800m): Ntando Mahlangu (AHS)
  • Skyfwerp: Marx Nel (AHS)
  • Hoogspring: Ruben Barkhuizen (AHS)
  • Spiesgooi: Francois Roets (AHS)
  • Verspring: Tshego Ramaloka (BV)
  • Gewigstoot: Damian Oosthuizen (AHS)
  • Driesprong: Nkuna Thapelo (RF)

 

Trofeë-wenners op die dag: Dogters

  • Kortafstand (100m): Charlize Eilard (AHM)
  • Kortafstand-hekkies (100m) hekkies: Charlize Eilard (AHM)
  • Langafstand (3000m): Jeanne de Beer (AHM)
  • Langafstand-hekkies (400m): Zeney van der Walt (AHM)
  • Middelafstand (800m): Emma Bieseman (AHM)
  • Skyfwerp: Shana Scott (NHS)
  • Hoogspring: Jeane Minnaar (AHM)
  • Spiesgooi: Nicole Siepker (AHM)
  • Verspring: Charlize Eilard (AHM)
  • Gewigstoot: Britnny Ritchie (AHM)
  • Driesprong: Jolene Muller (AHM)

 

Die gemeenskap word uitgenooi na die Panarottis Nelspruit Kring-atletiekbyeenkoms wat Maandag 5 Februarie vanaf 14:00 ook by Hoërskool Nelspruit plaasvind. Kom eet ‘n lekker sny pizza terwyl jy die Nelspruitse skole in aksie sien op die atletiekbaan.