Buco Interhuis lewer bobaas vertonings!

Buco Interhuis lewer bobaas vertonings!

January 25, 2018
|

Kobus de Wet

 

Selde in die verlede, het die hoë standaard van die vertonings by NHS se jaarlikse Buco Interhuis-atletiekbyeenkoms, die verbeelding aangegryp soos wat dit by die 2018-geleentheid die geval was! Item na item, het die Nellie-atlete gewys dat hulle begeesterd is om vanjaar se seisoen, een van die bestes van alle tye, te maak.

 

Die Atheners se meisies het die Spartane met ‘n skrale halwe punt (426 teenoor 425.5) geklop, terwyl dit weer die Spartane se seuns was wat met ‘n totaal van 573.5 te veel skietgoed vir die Trojane (436) gehad het. Uiteindelik (spantotaal) is die Spartane dan die 2018-wenners met 999 punte, gevolg deur die Atheners (731.5) en die Trojane (678.5).  Wat die gesogte sang- en geesbeker betref, het die Atheners die grootste indruk op die beoordelaars gemaak en met die louere weggestap.

 

In elke ouderdomsgroep, word daar jaarliks ‘n Victor en Victrix Ludorum aangewys, gegrond op beste vertonings en meeste punte vir die span. Vanjaar se wenners, is soos volg:

 

Seuns:    s.14 – Handré van der Merwe        Meisies:    m.14 – Lallie Grobler

               s.15 – Van Reenen Kruger                               m.15 – Rhodé Nel

               s.16 – Douw Kruger                                        m.16 – Tayla Kotzee

               s.17 – Devon Nell                                            m.17 – Cherise van Duyker

               s.19 – Ruan Labuschagné                                m.19 – Ilke Joubert

 

NHS se bekende atletieksterre het natuurlik wat individuele uitslae betref, nie teleurgestel nie. Dit was egter die vertonings van ou bekendes wat verlede jaar met beserings gesukkel het (Cherise van Duyker, Lizaan de Blanche) en nuwelinge (veral in die onder 14-groep) wat die oë laat rek het.

Spesiale vermelding moet sekerlik ook gemaak word van die skitterende 6,95m waarmee Joshua Maass (huidige SA-spiesgooikampioen) die verspring-item vir seuns 19, gewen het.

 

Om meer as 900 punte op die strawwe ABSA-tabel by die eerste byeenkoms van die seisoen te behaal, wil gedoen wees! Baie geluk aan Shana Scott (skyfwerp m.15 – 35,15m, 954 punte en nuwe Nellie-rekord), Larise Combrink (200m m.14 – 26.53 sek., 908 punte; ook verspring – 5,00m, 908) en Jade Swanepoel (hoogspring s.15 – 1,75m, 907 punte) wat hierdie prestasie vermag het. Larise se verspring-afstand was ook ‘n sentimeter verder as wat die wenafstand vir seuns 14 was – ‘n sonderlinge prestasie!

 

Baie dankie aan Buco Nelspruit wat die dag jaar na jaar moontlik maak!

 

Die volgende atlete het eweneens puik presteer deur die 800 punte-kerf te oorskry:

 

Rhodé Nel (m.15): 100m – 12.94 sek. (826); ook 200m – 26.46 sek. (846)

Niccy Viljoen (m.15): 100m – 13.03 sek. (808); ook 200m – 26.80 sek.(813)

Lourens Potgieter (s.16): 100m – 11.53 sek. (801); ook 200m – 23.23 sek. (893)

Lallie Grobler (m.14): 200m – 27.60 sek. (805)

Henco Deneyschen (s.16): 200m – 23.70 sek. (841)

Devon Nell (s.17): 200m – 23.15 sek. (810); en 400m – 51.50 sek. (816); ook 400m hekkies – 55.64 sek. (855)

Ruan Labuschagné (s.19): 200m – 22.43 sek. (817); ook 400m hekkies – 54.76 sek. (831)

JT Boers (s.17): 400m – 51.31 sek. (826)

Van Reenen Kruger (s.15): 100m hekkies – 14.24 sek. (818)

Phillip Vogel (s.14): hoogspring – 1,60m (865)

Mechiel Brink (s.14): hoogspring – 1,55m (822)

Linmari Potgieter (m.19): hoogspring – 1,60m (826)

Inge Meyer (m.15): verspring – 4,98m (854)

Mackey Ngwenya (s.17): verspring – 6,47m (815)

Joshua Maass (s.19): verspring – 6,95m (874)

Terence Terblanché (s.15): driesprong – 11,78m (824)

Shana Scott (m.15): gewigstoot – 11,95m (865)

Christine Kruger (m.16): gewigstoot – 12,30m (873)

Douw Kruger (s.16): gewigstoot – 15,33m (888)

Chyle van Zyl (s.17): gewigstoot – 15,10m (817)

Quinn van Zyl (s.15): skyfwerp – 45,14m (874)

Kayla de Villiers (m.14): hoogspring – 1,40m (806)

 

Nog ‘n paar baie goeie uitslae wat dui op uitstekende uitslae wat binnekort verwag kan word, sluit in:

 

Larise Combrink (m.14): 100m – 13.31 sek.

Kyla Labuschagné (m.16): 200m – 26.66 sek.

JT Boers (s.17): 200m – 23.30 sek.; ook verspring – 6,30m

Ben Strydom (s.19): 200m – 22.91 sek.

Rhodé Nel (m.15): 400m – 62.18 sek.

Tertius Mentz (s.19): 400m – 50.77 sek.; ook 800m – 2:00.16

Ruan Labuschagné (s.19): 400m – 51.16 sek.

Lallie Grobler (m.14): 300m hekkies – 49.40 sek.

Niccy Viljoen (m.15): 300m hekkies – 47.68 sek.

Van Reenen Kruger (s.15): 300m hekkies – 41.95 sek.

Suzaan Nel (m.16): verspring – 4,90m

Megan Nel (m.17): driesprong – 10,58m

Aubrey vd Bank (s.17): gewigstoot – 14,16m; ook spiesgooi – 57,09m

Ilke Joubert (m.19): gewigstoot – 11,63m

Wian Otto (s.19): gewigstoot – 15,09m; ook skyfwerp – 43,60m

Jacques Marais (s.16): skyfwerp – 42,19m

Douw Kruger (s.16): skyfwerp – 40,27m; ook spiesgooi – 50,24m

Xander Rutherford (s.16): skyfwerp – 40,21m

Janco Pretorius (s.17): spiesgooi – 56,28m

 

Nou verskuif die fokus na Saterdag 27 Januarie, wanneer NHS se jaarlikse vriendskaplike tuisbyeenkoms sal plaasvind – voorwaar iets om na uit te sien!