Boeties presteer by SA Biathlon Kampioenskappe

Boeties presteer by SA Biathlon Kampioenskappe

April 12, 2018
|

Twee Nellies, FJ en Jan Albert Mentz het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Biathlon Kampioenskappe deelgeneem. 

FJ het ‘n silwer medalje verwerf en nuwe persoonlike beste tye  op beide die swem (57.22 op 100m) en die hardloop (6.06 op 2000m) aangeteken. Hy het Springbok-kleure met so min as 40 punte gemis. 

Jan Albert kon ook daarin slaag om sy persoonlike beste tye te verbeter in swem (1.05.88 op 100m) en hardloop (5.28 op 1500m). 

#nellietrots