Bergfietsseisoen sluit op hoë noot af vir Hijke

Bergfietsseisoen sluit op hoë noot af vir Hijke

October 10, 2018
|

Sewe Nellie-bergfietsryers het die afgelope naweek Mpumalanga tydens die laste Spur-skolereeksbyeenkoms verteenwoordig:

• Dillon Botha

• Anleo Viljoen

• Christo Theron

• Hijke Coetzee

• Suzanne Maré

• Jean van der Merwe

• Monique Swart

Die interskole byeenkoms het Vrydag 5 Oktober In Magaliesburg by Hoërskool Bekker plaasgevind waartydens Hijke ‘n puik naelskraap tweede plek losgery het. Sy was glo maar een sekonde agter die wenner. 

Die interprovinsiale byeenkoms het Saterdag 6 Oktober plaasgevind waartydens Hijke ‘n derde plek behaal het. Sy het dus SA-kleure verwerf. 

Die Mpumalanga-span het vierdie uit spanne van Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en Zambië geëindig. 

Ander Nellies wat presteer het: 

• Dillon Botha – 15de

• Jean van der Merwe – 15de

• Moique Swart – 18de

• Suzanne Maré – 19de

• Anleo Viljoen – 22ste

• Christo Theron – 29ste

 

Baie geluk! #nellietrots #nellieguts