Beeldtrofee

Beeldtrofee

BEELDTROFEE : MAKRO-SKOLE

 

BEELD TROFEE : FINAAL

 

 

Nelspruit gekroon as Beeld-trofee

 

kampioene

 

1L1A7318 edit

Die geskiedenisboeke van Hoërskool Nelspruit, en daarmee saam die hele Nelspruit-gemeenskap en omgewing, is Saterdag 23 Augustus herskryf, toe NHS vir die heel eerste keer die alleenhouers van hierdie uiters gesogte rugby-trofee (vir makro-skole) geword het.

Die duisende toeskouers wat deel was van hierdie onteenseglike juweel in die skatkis van grootse herinneringe, sal saamstem dat Nelspruit ‘n geleentheid van derglike omvang, nog selde tevore gesien en beleef het. ‘n Pragtige laat herfsdag, was getuie van ‘n onvergeetlike, spanningsvolle maar heuglike dag.

NHS is vanselfsprekend baie trots op sy rugbymanne wat wedstryd na wedstryd, alles gegee het en enduit die droom nagejaag het. Toe die eindfluitjie die wentelling van 20-19 teen Garsfontein bekragtig het, het trane van trots, groot blydskap en sommer net vreugde om ‘n Nellie, ‘n Nelspruiter en ‘n Laevelder te wees, onbeskaamd gevloei.

Die Hoof, dr.Louis Swanepoel, het sy innige dankbaarheid teenoor die span, afrigters, ondersteuningsdienste,
personeel, leerders en ouergemeenskap, uitgespreek. Die betrokkenheid van oop harte op die gebied van borgskappe, bywoning en ondersteuning, het gewis bygedra tot die uteindelike soete smaak van sukses. Die trofee pryk wel in
NHS se trofeekas, maar is ‘n definitiewe bewys van wat op die breër vlak van gemeenskap-betrokkenheid en meelewing, vermag kan word.

Die seëvierende span, met sy afrigterskorps, was vanuit die staanspoor draers van hoop, geloof en ware Nellie-‘guts’.
Alle eer is deurgaans aan die Skepper gegee, en almal was intens daarvan bewus dat die Allerhoogste in beheer was.
Hierdie onwrikbare geloof en vaste vertroue, was dan ook die hoeksteen waarop die uiteindelike sukses gebou is.

Die 2014-eerstespan van Hoërskool Nelspruit, het voorwaar verdien om die palmtak te dra !

 


VOLG DIE VERHAAL…..

 

1L1A7276 edit 1L1A7321 edit

 

1L1A7353 edit 1L1A7403 edit

 

1L1A7435 edit 1L1A7437 edit

 

1L1A7451 edit 10308056 10204521170371265 4541144197894716948 n

 

Voney Weideman Ishmonet Stronkhost en Caroline Madden

 

1L1A7525 edit  

  Hannes Geldenhuys    Mighael Muller

 

1L1A7560 edit

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

BEELDTROFEE SEMI-FINAAL

 

 

Renoux de Beer 2

Renoux de Beer

Renoux de Beer druk sy drie

 


Hoërskool Nelspruit pronk vir die eerste keer in die geskiedenis met die eerstespan in die finaal van die Beeld-trofee vir makro-skole. Dit nadat die Rhinos XV Saterdag na ‘n klipharde wedstryd teen die Hoërskool Monument as oorwinnaar uit die stryd getree het.
Die twee spanne het van meet af aan nie ‘n aks vir mekaar teruggestaan nie, en die wedstryd het begin met ‘n drie van NHS se Renoux de Beer. Namate die wedstryd gevorder het, het die voorspelers met skitterende dryfwerk die oorhand begin kry en kon Wiehan Steyn daarin slaag om nog punte op die telbord te verseker.
Die wedstryd is teen ‘n frenetiese pas voortgesit en NHS is beloon met nog ‘n kragdrie deur Wynand Visser.
In die laaste tien minute van die wedstryd het Monument keer op keer NHS se doellyn aangeval, maar die Rhinos XV het kop gehou en die aanvalle is deur hul rotsvaste verdediging gestuit.
Wessel Muller het met sy geleerde skopskoen verseker dat sy span op die voorvoet bly en het drie strafskoppe en een doelskop deur die pale gejaag.
Die eindtelling van 24-19 weerspieël nie net die seuns se ongelooflike karakter tydens die wedstryd nie, maar wys ook dat hulle kan kophou onder druk.
Rhinos XV pak die komende naweek vir Hoërskool Garsfontein in die finaal van die Beeld-trofee.
In 1989 het Hoërskool Nelspruit se eerstespan in die finaal van die direkteursbeker meegeding, maar moes egter die knie buig teen Hoërskool Kempton Park.

 

Wessel Muller    Wynand Visser - Man of the Match 2 tries

Wessel Muller                                                  Wynand Visser

Wiehan Steyn Wiehan Steyn 2

Wiehan Steyn

 

Wynand Visser  Wynand Visser 2

Wynand Visser

Oscar Schuld   Oscar Shuld 2

Oscar Schuld

 

Lukas de Kock

Lukas de Kock

 

 

 

 

 

KWARTEIND-RUGBYTOERNOOI

 

1

Voor: Ideon van der Merwe, Gerhard Holtzhausen (afrigter),  Oscar Schuld (kaptein), Eduan Engelbrecht, JJ Beeby, Nico van Rooyen, David Joubert, Wessel Muller, Renoux de Beer, Lucas de Kock, Mauru Bucuschane, Morne Pretorius.

Agter: Hernus Pieters, Jandrie Coetzee, Dawid Jacobs, Arno Broekman, Wiehan Steyn, Marnus van der Merwe, Chris Mans (afrigter), Stephan de Jager, Wynand Visser, Riaan le Roux, Ricus Broodryk, Coenie Kruger, Hannes Aucamp, Georg Muller.

 

 

Nellies deur na halfeindronde van Beeld-trofee

 

Hoërskool Nelspruit se Rhinos XV en O/14’s het Saterdag Kempton Park se Beeldtrofee-drome in die kwarteindronde gekelder. Rhinos XV het, na ‘n dramatiese tweede helfte, Kempton Park op hul tuisveld met 33-29 geklop.

Kempton Park moes in die doodsnikke van die wedstryd vir ’n vale walgooi nadat Rhinos XV, wat 15-29 agter was, in die laaste 10 minute alles in die stryd gewerp het om te wen.  Rhinos XV het teruggeslaan met twee drieë deur Wynand Visser en Nico van Rooyen.  Wessel Muller se doelskop en derde strafdoel het die stryd beklink.

Die O/14-rugbyspan het met ‘n tegniese punt sy eweknie van Kempton Park verslaan nadat hulle met 13-elk gelykop gespeel het.

Nelspruit kom nou in die halfeindronde teen Hoërskool Monument te staan.  Die wedstryde vind om 10:00 en 11:00 op Hoërskool Nelspruit se tuisveld plaas.