ATLETIEK: NHS se NAAS 4de in wêreld

ATLETIEK: NHS se NAAS 4de in wêreld

October 7, 2016
|

NHS se Naas Marais 4e op internasionale ranglys !

naas-marais-en-suzaan-nel

Naas Marais en Suzaan Nel

 

Die laaste atletiekbyeenkoms op die Laeveld se kalender vir 2016 (derde kwartaal), het op Donderdag 29 September op Witrivier plaasgevind. NHS se atlete het oudergewoonte met skitter-vertonings vorendag gekom , deur in ‘n hele paar items, prestasies van bo 1000 punte op die ABSA-tabel, te behaal. Dit opsigself, het die uitstaande standaard by hierdie byeenkoms, onderstreep. Maar, niemand het verwag om op so ‘n plattelandse skole-byeenkoms, ‘n uitslag van internasionale standaard, te sien en te beleef nie !

 

Nelspruit se Naas Marais, vanjaar se ASA-skyfwerpkampioen (seuns 17) met ‘n wengooi van 56,59m, het in dieselfde item die 1,5kg-skyf met ‘n reuse gooi van 61,58m, grense verskuif ! Dit plaas Naas in die nr.4-posisie (internasionaal) en verpletter die 57,38m waarmee die bekende Frans Schutte in 2009 op Sasolburg vorendag gekom het (vorige Nellie-rekord). Dit het aan Naas ‘n puik 1191 punte op die strawwe ABSA-tabel besorg (‘n tabel wat net vir prestasies tot op 1200-vlak, voorsiening maak). Net ‘n kortkop agter Naas se pragtotaal, was Chyle van Zyl. Hy wen die skyfwerp vir seuns 15 met ‘n ewe indrukwekkende 54,27m , wat ‘n volle 1137 ABSA-punte werd is.

 

Ben Strydom en Suzaan Nel het ongetwyfeld vir van die beste naelloop-prestasies in NHS se 64-jarige bestaan, gesorg. Ben se 22.0 sek. in die 200m (seuns 16, 1064 punte) verbeter Harold Pienaar se rekord wat sedert 2000 op 20.4 sek. gestaan het. Suzaan (meisies 14) nael die vinnigste 100m deur ‘n Laeveld-dogter in vele jare (enige ouderdomsgroep) toe sy in ‘n blitsige 12.1 sek. by die wenpaal verby is (1065 punte). Dit verbeter Zane Mattheus se vorige rekord van 12.62 sek., wat laasgenoemde in 2007 op Mookgophong aangeteken het.

 

Chyle van Zyl het ook in ‘n tweede item (gewigstoot s.15) die magiese 1000 punte oortref, toe hy die ysterbal op ‘n stewige 16,50m laat grondvat het – 1003 punte werd. Naas se jonger broer, Jacques Marais, het sy stem in die afdeling vir seuns 14 dik gemaak. Hy sal ook die RobF-byeenkoms nog lank onthou, danksy blink vertonings in veral verspring (5,86m – 1052 punte) en skyfwerp (45,40m – 1068 punte). Verder was Douw Kruger (ook seuns 14) se 44,63m in skyfwerp ‘n uitstekende 1040 punte werd, asook Joshua Maass wat in spiesgooi (seuns 16) met ‘n pragafstand van 63,90m, 1027 punte verdien het.

 

Selfs 900 ABSA-punte, getuig van voortreflike prestasies – en hiervan het die Nellies ook ‘n hele paar gehad. Douw Kruger stoot die gewig vir seuns 14 ‘n yslike 14,80m ver (921 punte), terwyl Stefan Smit (seuns 16) weer meer as sy kant gebring het, deur eers in skyfwerp (48,20m – 943 punte) en ook in spiesgooi (62,59m – 997 punte) sy talent ten toon te stel.

 

NHS-atlete wat bo 800 punte presteer het:

 

Jacques Marais (s.14): gewigstoot – 13,94m (854)

Douw Kruger (s.14): spiesgooi – 46,01m (810)

Chyle van Zyl (s.15): spiesgooi – 55,50m (883)

Wian Otto (s.16): gewigstoot – 15,30m (886), ook skyfwerp – 43,25m (821)

Joshua Maass (s.16): verspring – 6,31m (849), ook hoogspring  – 1,75m (811)

Ruan Labuschagne (s.16): 200m – 23.5 sek. (875)

Ben Strydom (s.16): 100m – 11.3 sek. (864)

Naas Marais (s.17): gewigstoot – 14,87m (801)

Suzaan Nel (m.14): 200m – 27.1 sek. (862)

Linmari Potgieter (m.16): hoogspring – 1,50m (809)

 

Benewens die atlete wat so mooi volgens die ABSA-tabel presteer het, het nog heelwat Nellies uitstekend gevaar. Om enkeles te noem:

 

Attie Smit (s.14): 600m – 1:33.1, ook 1200m – 3:39.3

Marcel Saayman (s.14): spiesgooi – 44,77m

Ivan Potgieter (s.15): 300m hekkies – 44.5 sek.

Jaytee Boers (s.15): 600m – 1:30.6

Andreas van Heerden (s.15): 1200m – 3:35.3

Ruan Labuschagne (s.16): 300m hekkies – 40.8 sek.

Tertius Mentz (s.16): 600m – 1:25.3

Stefan Smit (s.16): 110m hekkies – 15.5 sek.

Charlie Naude (s.16): 1200m – 3:28.3

Henco Pieters (s.17): skyfwerp – 43,55m

Ruben Buitendag (s.17): 200m – 23.5 sek.

De Villiers Basson (s.17): 600m – 1:25.1

Petra Louw (m.14): gewigstoot – 10,56m

Leonine Gildenhuys (m.14): 600m – 1:48.2, ook 1200m – 4:08.0

Tayla Kotzee (m.14): 90m hekkies – 16.3 sek.

Petra Erasmus (m.14): spiesgooi – 24,98m

Marlise van Staden (m.14): gewigstoot – 10,29m

Zanelle Moller (m.15): 300m hekkies – 53.50 sek., ook 90m hekkies – 16.1 sek.

Nicola Cronje (m.15): 600m – 1:41.8

Michelle Bouwer (m.15): spiesgooi – 33,03m

Sammy Carmichael (m.15): spiesgooi – 27,84m

Jessica Berry (m.15): 1200m – 4:01.0

Chante Nel (m.16): 100m – 13.8 sek., ook 200m – 28.7 sek.

Zuleka Breedt (m.17): spiesgooi – 29,65m

Nerina Visser (m.17): 300m hekkies – 47.8 sek., ook 100m hekkies – 16.5 sek. en 200m – 27.4 sek.

Tania Hlabane (m.17): skyfwerp – 30,35m

Anke Engelbrecht (m.17): 100m – 13.3 sek., ook 200m – 28.0 sek. en verspring – 4,75m

Claire Sparrow (m.17): 100m – 13.6 sek.

Mila de Villiers (m.14): 600m – 1:52.0 en 1200m – 4:08.0

 

Nou kan die atlete uitsien na die opwindende Top 20 (Mookgophong) en Top 30 (PUK) byeenkomste wat in die vierde kwartaal sal plaasvind. Baie sterkte vir al die harde voorbereidng, asook sterkte aan al die afrigters.