ATLETIEK: NAAS MARAIS

ATLETIEK: NAAS MARAIS

January 13, 2017
|

Goud én brons vir Naas

 

img_5612-medium

 

Die 17-jarige Nellie-atleet Naas Marais was een van 119 atlete van Suid-Afrika wat onlangs aan die 2016 AUSC streek-vyf se Jeugspele in Luanda, Angola deelgeneem het.

Hy het verlede jaar vierde op die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies se ranglys vir skyfwerp gelê en het met ‘n goue medalje huis toe gekom met ‘n afstand van 52,58m. Dit was die eerste keer wat hy ‘n swaarder gewig (1,75kg) aangepak het.

Naas is op die nippertjie ook vir gewigstoot ingeskryf waar hy ‘n brons medalje met ‘n afstand van 14,53m behaal het. “Ek het nie regtig geoefen om in ‘n tweede item deel te neem nie, maar ek is bly ek het,” sê Naas.