ATLETIEK: JJJ-byeenkoms

ATLETIEK: JJJ-byeenkoms

November 1, 2016
|

Joshua Maass maak geskiedenis !

 

Die jaarlikse JJJ-atletiekbyeenkoms wat verlede Saterdag (29/10) weer op Witrivier plaasgevind het, sal veral om twee redes onthou word. Eerstens het erge hittegolf-toestande die atlete gekniehalter, en tweedens het NHS se Joshua Maass (seuns 16) die eerste gr.10-seun in die Laeveld se geskiedenis geword wat die 700g-spies verder as 70m kon laat grondvat ! Sy prag-afstand van 70,90m plaas hom onder die top 5 onder 17-atlete vir 2106, landswyd. Dit is ook ‘n maksimum van 1200 ABSA-punte werd, en maak Joshua dan die derde Nellie (na Naas en Jacques Marais) wat hierdie puik prestasie vanjaar kon vermag.

 

Die skole uit ander streke van Mpumalanga, het maar swaar teen die Laeveld se  top-atletiekskole (en die versengende hitte !) geleef. Uiteindelik kraai NHS koning met ‘n totaal van 55 medaljes (22 goud, 21 silwer en 12 brons), met Rob Ferreira (totaal van 51, waarvan 16 goud, 21 silwer en 14 brons) en Lydenburg (20 medaljes, bestaande uit 7 goud, 10 silwer en 3 brons) in die daaropvolgende plekke. Benewens Joshua se voltal ABSA-punte, het Jacques Marais (s.14) met sy 46,30m in die skyfwerp, ook die 1000-kerf verbygesteek, toe hy 1102 punte verwerf het. Diegene wat 900 punte oorskry het, sluit in Werner Bouwer (s.19 spiesgooi – 66,34m vir 945), en Douw Kruger (s.14 skyfwerp – 43,00m vir 986).

 

‘n Hele paar Nellies kan verder ook baie tevrede met hul 800+ punte voel – gesien in die lig van die uiters moeilike omstandighede. Hulle is :

 

Suzaan Nel (m.14): 100m -12.87 sek. (889), ook 200m – 27.25 sek. (848)

Nicola Cronje (m.15): 400m – 60.96 sek. (842)

Attie Smit (s.14): 800m – 2:11.50 (845)

Douw Kruger (s.14): spiesgooi – 47,65m (845), ook gewigstoot – 14,42m (891)

Rainer Spruyt (s.16): 800m – 2:01.69 (887)

Joshua Maass (s.16): verspring – 6,35m (858)

Wian Otto (s.16): gewigstoot – 14,91m (858)

Jacques Marais (s.14): gewigstoot – 14,01m (859)

Adriaan van Aarde (s.15): hoogspring – 1,70m (864)

Ewald Putter (s.15): hoogspring – 1,65m (823)

Magnificent Ngwenya (s.15): hoogspring – 1,65m (823), ook driesprong – 11,87m (834)

 

Ter voorbereiding vir die Afrika-streeksbyeenkoms volgende maand in Angola (waar hy Suid-Afrika verteenwoordig), het Naas Marais aan die items vir seuns 19 deelgeneem. Hy het in September al 50m met die swaarder 1,75kg-werpskyf oorskry, maar Saterdag het die hitte en ‘n gladde sirkel-oppervlak, Naas verhoed om voluit te gooi. Sy wenafstand van 49,12m is nogtans ‘n goeie aanduiding dat hy binnekort groot afstande gaan haal. Hy het ook die gewigstoot met ‘n wen-afstand van 13,76m ingepalm.

 

Anke Engelbrecht (m.19) se naam verdien gewis ook spesiale vermelding. Om op so ‘n groot byeenkoms, drie goue medaljes in te oes, wil gedoen wees ! Anke wen die 100m (13.25 sek.), 200m (27.50 sek.) en ook die 400m (64.24 sek.)

 

Ander NHS-pogings wat met goud beloon is, was die volgende:

 

Kyla Labuschagne (m.14): 400m – 63.41 sek.

Mila de Villiers (m.14): 800m – 2:33.87, ook 1500m – 5:16.94

Tayla Kotzee (m.14): 300m hekkies – 49.70 sek.

Nicola Cronje (m.15): 800m – 2:24.75

Marne van Aarde (m.16): skyfwerp – 30,78m

4x100m aflos (m.14): 54.97 sek.

 

Nog baie goeie prestasies wat die oog gevang het, sluit in :

 

Angelique Nel (m.15): 1500m – 5:23.09

Tayla Kotzee (m.14): 90m hekkies – 14.66 sek.

Chantele Olivier (m.14): hoogspring – 1,35m

Suzaan Nel (m.14): verspring – 4,60m

Michelle Bouwer (m.15): spiesgooi – 32,00m

Megan Nel (m.15): driesprong – 10,56m

Thembi Cossa (m.16): 800m – 2:34.12, ook 1500m – 5:26.06, en 400m – 63.84 sek.

Marne van Aarde (m.16); gewigstoot – 11,44m, ook spiesgooi – 33,47m

Luca Swanepoel (m.14): hoogspring – 1,35m

Nicola Cronje (m.15): 100m – 13.25 sek.

Carli Killian (m.15): verspring – 4,75m

Sammy Carmichael (m.15): spiesgooi – 31,28m

Attie Smit (s.14): 1500m – 4:44.35

Jaco Pretorius (s.16): spiesgooi – 50,41m

Tertius Mentz (s.19, maar nog onder 16): 1500m – 4:13.28

Duvan van Duyker (s.19): 400m hekkies – 57.08 sek.

Devon Nell (s.16): 400m – 54.53 sek.

Andreas van Heerden (s.15): 1500m – 4:36.97

Charlie Naude (s.16): 800m – 2:05.87, ook 1500m – 4:32.22

Estiaan Schroeder (s.16): gewigstoot – 13,25m, ook skyfwerp – 36,81m

Wian Otto (s.16): skyfwerp -39,00m

De Villiers Basson (s.19): 400m – 51.34 sek.

JC Taljaard (s.19): hoogspring – 1,75m

Leonine Gildenhuys (m.14): 400m – 69.57 sek.

Marlise van Staden (m.14); gewigstoot – 10,01m

Ivan Potgieter (s.15): 100m hekkies – 14.95 sek., ook 300m hekkies – 42.12 sek.

 

Baie dankie aan al ons atlete en hul toegewyde afrigters, wat 2016 se atletiekseisoen, een gemaak het wat nog lank onthou sal word. Ons sien uit na ‘n blink 2017 op die atletiekfront !