ATLETIEK: Werner Bouwer maak spiesgooi-geskiedenis

ATLETIEK: Werner Bouwer maak spiesgooi-geskiedenis

September 19, 2016
|

Werner Bouwer maak spiesgooi-geskiedenis !

Werner Bouwer

Werner Bouwer

Die eerste skote van vanjaar se voorseisoen-byeenkomste, het verlede Donderdag (15 September) op NHS se atletiekbaan geklap – en wat ‘n skitterende byeenkoms was dit nie ! Talle atlete van veral NHS, Rob Ferreira, Lydenburg en Lowveld High, het getoon dat hulle nie kan wag vir die nuwe seisoen om te begin nie.

 

Maar, die groot hoogtepunt van die dag, was die reuse-gooi van 71,91m waarmee Nellies se tweemalige SA-kampioen, Werner Bouwer, die rekordboeke herskryf het. Daarmee word Werner die eerste seun in NHS se roemryke geskiedenis van 64 jaar, wat die spies verder as 70m kon laat grondvat het ! Dit plaas hom onder die top 4 in sy ouderdomsgroep (landswyd) vir 2016, asook een van die top 15 spiesgooiers – seniors ingesluit. Hierdie is voorwaar een van die beste atletiekprestasies waarmee enige Nellie nog vorendag gekom het.

 

Span- en oefenmaats Joshua Maass en Stefan Smit (beide nog seuns 16) het in die item vir seuns 17 , met uitstekende afstande van 63,31m en 61,35m onderskeidelik, ook gewys dat hulle vroeg reeds die oog op groot afstande vir 2017, het. Ook Stephan vd Bank (s.19) het op sy eerste byeenkoms met die swaarder 800g-spies, met ‘n 52,40m gewys dat ook hy , weer ‘n krag gaan wees om mee rekening te hou. Joshua kan ook baie tevrede met sy verspring-afstand van 6,38m voel.

 

Die 800m vir meisies 17 , was een van die beste wedlope van die dag. Hier was dit vier Nellies wat mekaar tot verby die wenstreep opgedreun het, en duidelik die onteenseglike waarde van ‘n goeie landloop-seisoen, onderstreep het. Jessica Berry (2:22.5) is gevolg deur Nicola Cronje (2:22.6), Thembi Cossa (2:31.5) en Lizaan de Blanche (2:34.4). Suzaan Nel (vanjaar se top onder 14-atleet) het die oog met uitstekende tye in veral die 100m (12.4 sek.) en 300m (43.7 sek.) gevang. Ook Nerina Visser (meisies 19) lyk na ‘n atleet wat in 2017 , baie punte vir haar span kan loshardloop. Sy wen die 100m (13.0 sek.), 300m (42.7 sek.) en ook die 100m hekkies (17.1 sek.)

 

Verder sal die 800m-wedloop vir seuns 15 , ook nie lig vergeet word nie ! Attie Smit (vanjaar nog onder 14) het met brute Nellie-guts net-net die bors voor Rob Ferreira se Thapelo Segage, oor die wenstreep gestoot. Hul tye van 2:11.8 en 2:11.9 , wys duidelik hoe straf die mededinging was.

 

Cherise van Duyker (moes as 15-jarige, aan die onder 17-items deelneem) is ook ‘n naam wat maar fyn dopgehou kan word. Haar tyd vir die 100m hekkies (16.6 sek.) is werklik baie goed vir hierdie tyd van die jaar. Sy het ook die 300m in 45.4 sek. gewen.

 

‘n Baie interessante stryd wag komende seisoen in die gewigstoot, seuns 15. Jacques Marais (14,50m) en Douw Kruger (14,25m) het beide reeds hul beste afstande vir 2016 verbeter, en Xander Rutherford is ook nog daar om die kaarte deurmekaar te krap.

 

Van die ander uitslae wat beslis genoem moet word, sluit in (Nellies, behalwe  anders aangedui):

 

Lourens Potgieter (s.15): 300m – 39.1 sek., ook 100m – 11.8 sek.

Thapelo Segage , Rob F (s.15): 300m – 39.2 sek.

Banele Muwayi , Lowveld H (s.15): driesprong – 11,21m

Johannes Beytell , Lydenburg (s.15): 100m hekkies – 14.8 sek., ook 100m – 11.9 sek.

Conrad Grobbelaar (s.15): 800m – 2:12.1

Marius Klopper , Rob F (s.15): 100m hekkies – 14.9 sek.

Ruan Labuschagne (s.17): 300m – 37.4 sek.

Marumo Setshaba , Lowveld H (s.17): driesprong – 12,22m

Jaytee Boers (s.17): driesprong – 12,04m

Janco Pretorius (s.17): spiesgooi – 49,12m

Amos Khoza , Rob F (s.17): 800m – 2:00.5

Tertius Mentz (s.17): 800m – 2:03.4

Charlie Naude (s.17): 800m – 2:06.0

De Villiers Basson (s.19): 800m – 2:02.8 , ook 300m – 36.7 sek.

Norbert Ponisammy , Lowveld H (s,19): 100m – 11.0 sek., ook verspring – 6,61m

Leon Pienaar (s.19): 300m – 36.5 sek.

Frank Muwayi , Lowveld H (s.19): driesprong – 13,33m

Izak Beytell , Lydenburg (s.19): 110m hekkies – 15.6 sek.

Tyla Kotzee (m.15): 300m – 45.7 sek., ook 100m hekkies – 18.0 sek.

Christine Kruger, Rob F. (m.15): gewigstoot – 11,34m

Mila de Villiers (m.15): 800m – 2:33.7

Leonine Gildenhuys (m.15): 800m – 2:36.7

Megan Nel (m.17): driesprong – 10,12m

Sumarie Bekker, Rob F (m.17): gewigstoot – 11,74m

Marne van Aarde (m.17): spiesgooi – 35,61m

Michelle Bouwer (m.17): spiesgooi – 30,11m

Gugu Nkambule , Lowveld H (m.19): verspring – 4,95m

Megan Caldeira (m.17): gewigstoot – 10,56m

Lizaan Olivier (m.17): 10,31m

Shana Scott , Laerskool Nelspruit (m.13): gewigstoot – 10,21m, asook spiesgooi – 28,90m

Tiaan Basson (senior atleet): 800m – 1:55.2 , ook 300m – 35.5 sek.

 

As Donderdag se uitslae enigsins ‘n maatstaf is van wat die atlete nog voor die einde van 2016 gaan opdis, kan daar na puik atletiek uitgesien word ! Die tweede van NHS se September-byeenkomste , vind op Donderdag 22 September plaas. Sterkte aan al die atlete en hul afrigters ! 

img_0704_edited-1     img_0922_edited-1img_0864_edited-1img_0803_edited-1

 

 

 

 

 

 

 

img_0712_edited-1

img_0778_edited-1