Redenaars deur na ATKV semi-finaal

Redenaars deur na ATKV semi-finaal

VOOR: Theo van der Westhuizen, Gerhard van der Merwe, Danté van der Westhuizen. AGTER: Anika Kotzé, Milda van Dyk, Mia Dentan, Kees-Piet Barnhoorn.

Hoërskool Nelspruit se redenaars het onlangs aan die ATKV-redenaars se eerste ronde in Witbank deelgeneem en hul pad oopgepraat na die landswye semi-finaal op 3 Junie. Dié kompetisie sal by verskeie skole aangebied word waarna die land se bestes mekaar later vanjaar in die finaal by die Buffelspoort AKTV-oord in Rustenburg sal pak. Baie geluk aan: Theo van der Westhuizen, Gerhard van der Merwe, Danté van der Westhuizen. Anika Kotzé, Milda van Dyk, Mia Dentan, Kees-Piet Barnhoorn.