Algemene Inligting

Algemene Inligting

ALGEMENE INLIGTING

 

IMG 0206

 

 Notules

1.   Notule Januarie 2014 

 

 

 

Neem ook kennis van die volgende:


1.   Inligtings-vergadering vir tennis-ouers:  Maandag 20 Januarie om 18:00 (personeelkamer).  Alle inligting rakende toernooie, ligas, spankeuses en ranglyste, tennisdrag, oefeninge word gegee.


2.   Mnr Viviers hanteer die gr 8-uitdunne, met die oog op ’n junior ranglys (onder 15) waaruit die Tuks-sportreeks o/15-span saamgestel sal word.  Hierdie uitdunne begin Maandag 29 Januarie en sal daagliks vanaf 14:30 (leerders maak eers klaar by die groentjiekonsert-repitisies) tot 16:15 gehou word (vanaf 14/1 tot ½).  Die drie beste gr 8-seuns en –meisies, sal dan ook kans kry om teen die res van die skool se spelers uit te speel.


3.   Senior uitdunne begin op Woensdag 22 Januarie.Geskeduleerde wedstryde sal reeds op Dinsdag 21 Januarie op die kennisgewing verskyn.


4.   Alle balle vir oefeninge, wedstryde, ligas en toernooie, word deur me Snyman in haar stoorkamer (K82) gehou en kan dus by haar verkry word.


5.   Ranglyste, daagreëls en ander relevante tennis-inligting, sal gereeld op die kennisgewingbord (by die saal se ingang, in die vierkant) verskyn.  Voor elke toernooi sal daar daag-geleentheid wees.Elke Dinsdag pouse moet lle in Mev.Snyman se klas (K81)wees.Hier word elke week se reëlings vir die kinders deurgegee.