Akteur hou Nellies-naam hoog

Akteur hou Nellies-naam hoog

January 13, 2017
|

 

  vdv-posterartworks

Oud-Nellie Francois Jacobs is onlangs in Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die Voëls, te siene gewees. Die film het binne die eerste 10 dae sedert sy opening die R3 miljoen-kerf verbygesteek en het meer as 56 500 mense reeds daarna gaan kyk.

Vir die Voëls is gegrond op die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd geterg het. Tot kort tevore het sy vas geglo onafhanklikheid is die enigste vorm van vryheid, maar intussen het Sampie de Klerk (Francois Jacobs) haar oor haar oortuigings laat nadink.

 

Francois het sy BA Dramagraad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en is reeds van jongs af betrokke in die vermaaklikheidsbedryf as akteur en was nog altyd passievol oor die uitvoerende kunste. Hy was onder andere onlangs plaaslik by Innibos te sien in Athol Fugard se ‘People are living there’ en Chris Barnard se ‘Pa, Maak Vir My ‘n Vlieër, Pa’.

 

Hoërskool Nelspruit wens hierdie uitnemende oud-Nellie alle sukses in die toekoms toe!

francois2

http://lowvelder.co.za/246507/plaaslike-akteur-vir-toekenning-benoem/

http://lowvelder.co.za/365603/vir-die-voels-gaan-kyk-vandag-die-puik-film/