Akademiese Prysuitdeling

Akademiese Prysuitdeling

October 15, 2016
|

AKADEMIESE PRYSUITDELING 2016

 

Nelspruit Hoërskool se akademiese prysuitdeling was weereens ‘n hoogtepunt. Die aand het aan die leerlinge behoort wat toekennings ontvang het vir akademiese prestasies terwyl die veelsydigheid van deelname op ander terreine ook in ag geneem is.   

Die volgende leerders het toekennings ontvang:

 

DIE HOOF SE TOEKENNING

Word toegeken aan ‘n leerder wat gedurende sy jare op skool ‘n verskil gemaak het aan anders leerders deur sy voorbeeld en sy optrede in situasies.

 

hoof-se-toekenning

 

GERAN JANSE VAN RENSBURG

Daar is jaarliks talle NHS-matrikulante wat met hulle talente woeker en positiewe bydraes lewer tot die heil en vooruitgang van ons geliefde skool.

Soms is daar egter daardie uitsonderlike individue wat meer as net die spreekwoordelike myl stap en wat diep in ons harte kruip wanneer hulle onvermoeid en onbaatsugtig veel meer gee as wat van hulle verwag word.

Vanjaar se ontvanger van die Hoof se toekenning is voorwaar ’n seun wat respek afgedwing het, deur vreeslose veggees te openbaar in sy rehabilitasie na ’n fratsongeluk.

Géran Janse van Rensburg was gedurende die somer-vakansie van 2014 in ’n fratsongeluk by die see betrokke wat hom verlam gelaat het.

Hy was die hele eerste kwartaal van 2015, sy graad 11-jaar, nie by die skool nie.  Tydens sy rehabilitasie-tydperk in Pretoria, is huiswerk aangestuur en Géran moes maar die moeiliker akademiese eis van graad 11 op sy eie aanpak.

Gedurende die April-vakansie het Géran en sy ouers die skool besoek.  Géran, steeds in ’n rolstoel met ’n gedeeltelike gebruik van sy regterbeen en ’n linker-been wat nog glad nie wou saamwerk nie.  Géran het hom nie deur ’n ongelyke terrein en trappe laat afskrik nie.  Hy is ’n Nellie en hoort hier.

Die eerste skooldag aan die begin van die tweede kwartaal het Géran hom die bewondering van vriend en vyand op die hals gehaal.  Hy het nie teruggedeins voor die starende oë nie.  Kort voor lank het hy ’n span Nellies aan sy sy gehad wat hand gegee het en die bewondering vir die vasbyt-aanhou-karakter van Géran Janse van Rensburg het die hart van elke Nellie aangegryp.

Tydens sy rehabilitasie tydperk het die dokters Géran voorberei dat hy dalk geruime tyd in sy rolstoel sal moet deurbring, maar teen Julie 2015 het Géran reeds die gebruik van sy bene sodanig herwin dat hy met krukke oor die weg kon kom en die rolstoel by die huis gelos.

Die halfjaareksamen het voorgelê.  Vroeër is alreeds besluit dat sy herstel bo akademie gestel moet word en as dit dan nou so moet wees dat hy op hierdie gebied die pas moet markeer, sou almal dit verstaan.  Maar bes gee is nie in Géran se woordeskat nie.  Hy het daardie eksamen afgelê sonder om te faal in sy akademiese standaard en al sy vakke met vlieënde vaandels geslaag.  Dit nadat hy ’n volle kwartaal geen formele klasse bygewoon het nie.

Géran is ook ’n trotse Huis Hermann-bul en het na die Junie-vakansie sy intrek in sy koshuiskamer geneem.  Daar is voorwaar niks wat hierdie seun terug gehou het nie.  Geen uitdaging was te groot of onoorkomelik nie.

In Augustus van 2015 begin me Linda Spasimante met ’n projek “Caps for wheels”.  Sy versamel bottels en plastiekproppe en vir elke 150 kg proppe word ’n rolstoel geskenk.  Géran sien dit as ’n gulde geleentheid om sy medemens te dien en skenk ten aanskoue van die hele skool sy rolstoel, wat hy veronderstel was om nog te gebruik, vir ’n dogter wat serebraal verlam is.

Géran het nooit voor enige uitdaging terug-gedeins nie.  Die voorbeeld wat hy vir die Nellies gestel het, spreek boekdele en sal nog vir baie jare in die gange van Hoërskool Nelspruit voortleef.

 

CUM LAUDE

Word toegeken indien ‘n leerder vyf erekleure behaal.

 cum-laude

MARNUS KRUGER

  • Erekleure in akademie (gemiddeld van 80%)
  • Erekleure in leierskap
  • dux van koshuis
  • kaptein van die eerste rugbyspan
  • Erekleure in betrokkenheid
  • Erekleure in dienslewering
  • Erekleure in sport

 

 

MEES VERDIENSTELIKE LEERDER 2016

 mees-verdienstelik

MARNUS KRUGER

  • Erekleure in akademie
  • gemiddeld van 80%

 

  • Erekleure in leierskap
  • Erekleure in betrokkenheid
  • Erekleure in dienslewering
  • Erekleure in sport

 

 

 

DUX-LEERDER

TERSIA STEYN

dux

  • Afrikaans 91%    (Beste in graad)
  • Engels 90%    (Beste in graad)
  • Lewenswetenskappe             91%
  • Wiskunde 95%    (Beste in graad)
  • Fisiese Wetenskap             94%    (Beste in graad)
  • Rekeningkunde             91%    (Beste in graad)
  • Lewensoriëntering 94%    (Beste in graad)

 

  • GEMIDDELD: 92%

 


TOP TIEN PER GRAAD

2016Graad 8:

10.Xander Rutherford  88%

9.Strelza van Aardt  90% 

8.Melissa le Clus  90% 

6.Cherise Heyl  92% 

6.Kyla Labuschagne  92%

5.Danté van der Westhuizen  92%

4.Mila de Villiers93% 

3.Charis Brundyn  93% 

2.Rachelle Ressa  94% 

1.Milda van Dyk  95%      DUX  milda-v-dykGraad 9:

10.Jessica Leicester                              92%

9.Duné van Leeuwen  92% 

8.Mariska Taljaard  93% 

7.Heil Henning  94% 

6.Bronwen Crawford-Brunt  94% 

5.Paul-Hendri van der Merwe              94% 

4.Carli Kilian                                        95% 

3.Suzanne Bothma  95% 

2.Margo Meyer  95%

  1.Mia Schmidt   95%     DUX   mia-schmidt Graad 10:

10.Zach le Roux  85% 

9.Liesl Hartley  86% 

8.Gerhard van der Merwe  87% 

7.Paul Rheeder  87% 

6.Carla Venter  88% 

5.Kees-Piet Barnhoorn  89% 

4.Rudolf Henning  89% 

3.Sheldon Groenewald  89% 

2.Wizelle Kritzinger   90% 

1.Theo van der Westhuizen  90%    DUX   theo-van-der-westhuizen

Graad 11:

10.Mianca Minnaar  83% 

9.Femke Wessels  84% 

8.Melandi Lourens  87% 

7.Pierre Taljaard  87% 

6.Lily-Marie Naudé  87% 

5.Mia Erasmus  88% 

4.Simoné Vosloo  88% 

3.Zané Maritz  88% 

2.Cecelia van Zyl  90% 

1.Emile Pëtersen  93%    DUX   emile-petersen

Graad 12:

10.Marli Malan  84%

9.Amandus Nieuwenhuis  84%

8.Leo Strydom  86%

7.Christiaan van Biljon  86%

6.Yvona Louw  87%

4.Johan Coetzer  88%

4.Pieter Schoeman  88%

3.Marinda Potgieter  89%

2.Jané de Vos  90%

1.Tersia Steyn  92% (642)   DUX