Afrikaanse Ekspo 'n eerste van sy soort

Afrikaanse Ekspo ‘n eerste van sy soort

September 2, 2013
|

 

augustus 2013 8 019

Vir enige kampvegter van Afrikaans was Donderdag aand se verrigtinge, gereël deur die NHS-Skryfskool beslis ’n riem onder die hart. Die Afrikaans Ekspo-aand was die eerste in sy soort, sowat 70 genooide gaste het die geleentheid bygewoon, onder andere me Belinda Prinsloo, vakadviseur vir Afrikaans in Mpumalanga. Die doel van die aand was om leerders se goeie skryfwerk aan ouers bekend te stel. Leerders wat deurgedring het na die provinsiale ronde van die Afrikaanse Ekspo, se werk is voogelees en voorgedra. 2010 se nasionale wenner in poësie was Heilette Kieviet en 2012 se nasionale wenner poësie was Shane van der Hoven.

Vanjaar het 12 leerders van NHS reeds na die provinsiale uitdunne deurgedring.  Bekwame voorlesers soos mee Frances van Niekerk, Philna Scholtz, Andri Nel asook mnre Kobus de Wet en Arno van Wyk het die ouers bekoor met pragtige poësie en ander werke.

Die aand was beslis ’n reuse sukses en uitstekende manier om goeie skakeling tussen ouers en ’n kultuur organisasie te bewerkstellig.  Die ouers was baie beindruk en het versoek dat dié aand ’n jaarlikse instelling word. Baie geluk aan almal betrokke met die reëlings.

 

 

augustus 2013 8 020 augustus 2013 8 023
Mnr de Wet
augustus 2013 8 025 augustus 2013 8 026
Henk Goosen Shimon Roets
augustus 2013 8 027 augustus 2013 8 029
Richard O’ Farrell Shane van der Hoven