Informele "dink of sink" teen Affies

Informele “dink of sink” teen Affies

January 22, 2017
|

Agt debatspanne van Hoërskool Nelspruit, Afrikaans Hoër Meisieskool, en Afrikaans Hoër Seunskool het mekaar Vrydag 20 Januarie 2017 die stryd in ‘n vriendskaplike debatskompetisie aangesê.

16178391_368386860207657_2135988839136984447_o

Die 10 debatte is op die “Dink of Sink”-konsep gehou waar die onderwerp onvoorbereid gegee word. Na ‘n 10 minute voorbereidingstyd lewer elke lid van die spanne ‘n toespraak van twee minute. Die spanne takel mekaar dan in ‘n sewe minuut vraag- en antwoordsessie.

16113265_368388813540795_6490237951469578500_o

NHS beoog om vanjaar aan Afriforum se Gautengese debatkompetisie deel te neem.