Affies: Tuis

Affies: Tuis

February 11, 2013
|

 

Tuisbyeenkoms beste ooit !

 

   IMG_9380_edited-1ZANDER VAN DER MERWE

Daar word jaarliks met groot opgewondenheid na NHS se tradisionele Januarie-tuisbyeenkoms uitgesien, maar hierdie jaar se atletiekskoupel kan (as na die puik uitslae gekyk word) voorwaar as die beste tot op hede, beskou word ! Skole vanuit drie provinsies het mekaar tot die uiterste beproef, en die byeenkoms was weer eens ‘n uiters waardevolle geleentheid om spanne vir die res van die seisoen, te finaliseer en miskien ‘n skuif of drie, uit te toets.

 

Vir die eerste keer het toeskouers die geleentheid gehad om die Laeveld se drie sterkste atletiek-skole (NHS, Lydenburg en Rob Ferreira) VOOR die jaarlikse interskole, by dieselfde byeenkoms in aksie te sien. Affies , Ben Vorster, Ligbron en Ben Viljoen se teenwoordigheid, het die beste uit die Laevelders gehaal en gewys dat, indien jy daarna streef om die beste te wees,  jy jouself aan die beste moet meet.

 

Uithaler vertonings was aan die orde van die dag, maar daar was ook ‘n paar items wat die skare meer as net laat regop sit het ! Werner Bouwer (s.19) het met ‘n reuse gooi van 67,78m , die spies op die verste afstand wat enige Nellie (in die 63 jarige bestaan van die skool), nog ooit kon aanteken, laat grondvat. Daarmee het hy die legendariese Jannie Small se 1997-rekord van 65,68m, uit die rekordboeke gevee. Hierdie skitterpoging het aan Werner ‘n pragtige 973 punte op die ABSA-tabel besorg. Niemand wat die dag meegemaak het, sal sekerlik ooit die 800m vir seuns 17 en 19, kan vergeet nie ! De Villiers Basson was in die wedloop vir s.17 in ‘n titaniese stryd met Affies se Tyler Warries gewikkel. Hierdie twee het mekaar al ‘n paar keer in die verlede goed opgekeil, maar hierdie keer was De Villiers vasberade om die bordjies te verhang. Met uiterste Nellie-guts was dit De Villiers wat net-net met ‘n tyd van 1:58.71 (teenoor Tyler se 1:59.15) sy bors eerste verby die wenpaal kon druk. Leon Pienaar, voorheen eerder vir sy prestasies in die 400m en 400m hekkies bekend, het Affies se bekende SA-atleet, Henry Kelbrick , met ‘n uitstekende tyd van 1:57.68 getroef. Leon het vriend en vyand verras – veral die Pretorianer, wat in 1:57.90, met die tweedeplek tevrede moes wees.

 

Om meer as 900 punte op die moeilike ABSA-tabel te verdien, is ‘n groot prestasie ! Benewens Werner, het Nellies se Tertius Mentz (800m s.16 – 2:00.48, 914 punte) en Wian Otto (gewigstoot s.16 – 15,55m, 905 punte) hierdie prestasie vermag.

 

Nog NHS-atlete wat met eersteplekke na die prestige-ryke, agthoekige byeenkoms kan spog, is :

 

Suzaan Nel (m.14):  verspring – 4,86m

Megan Nel (m.15): verspring – 4,59m

Reuben Jordaan (s.15): hoogspring – 1,73m

Marne van Aarde (m.16): spiesgooi – 35,16m

Chyle van Zyl (s.15): gewigstoot – 14,54m, EN skyfwerp – 41,47m

Joshua Maass (s.16): spiesgooi – 57,52m

Andreas van Heerden (s.15): 1500m – 4:47.14

*  Nicola Cronje (m.15): DRIE eersteplekke ! : 400m – 61.13 sek.), 200m -26.75 sek.) en 800m -2:23.19)

Lourens Potgieter (s.14): 200m -24.81 sek. EN 400m -59.30 sek.

Tayla Kotzee (m.14): 90m hekkies -15.17 sek.

Nerina Visser (m.17): 400m hekkies – 70.33 sek.

Ruan Labuschagne (s.16): 400m hekkies – 58.64 sek.

Carmen Cronje (m.19): verspring  – 5,15m

Marius Slabbert (s.17): hoogspring  – 1,76m

Joao Christovam (s.17): verspring – 6,13m

Bartlo Nel (s.19): verspring – 6,44m

Diaan van Heerden (s.19): driesprong – 12,33m

Ilke Joubert (m.17): spiesgooi – 35,88m

Naas Marais (s.17): skyfwerp – 46,69m

Stephan vd Bank (s.17): spiesgooi – 63,10m

Francois Esselen (s.19): gewigstoot – 14,31m

Leon Pienaar (s.19): 200m – 22.93 sek.

Marnus Kruger (s.19): 110m hekkies (15.67 sek.) EN 400m hekkies (60.50 sek.)

 

Van die ander uitstaande Nellies-uitslae, sluit in :

 

Luca Swanepoel (m.14): hoogspring – 1,40m

Linmari Potgieter (m.16): hoogspring – 1,50m

Anton van Eijk (s.15): verspring – 5,59m

Joshua Maass (s.16): hoogspring – 1,75m

Tebogo Maseema (s.16): verspring – 6,30m, ook driesprong (s.17) – 12,68m

Marne van Aarde (m.16): gewigstoot – 11,25m

Douw Kruger (s.14): gewigstoot – 12,16m

Jacques Marais (s.14): skyfwerp – 35,55m

Stefan Smit (s.16): skyfwerp – 43,23m, ook spiesgooi – 55,68m

Wian Otto (s.16): skyfwerp – 40,78m

Leonine Gildenhuys (m.14): 800m – 2:37.79, ook 1500m – 5:22.32

Jessica Berry (m.15): 800m – 2:30.10, ook 1500m – 5:19.88

Attie Smit (s.14): 1500m – 4:52.35

Rainer Spruyt (s.16): 1500m – 4:28.40, ook 800m – 2:09.58

Charlie Naude (s.16): 1500m – 4:31.50, ook 3,000m s.17 – 9:54.20

Mia Erasmus (m.17): 400m – 63.31 sek.

Jay-tee Boers (s.15): 400m – 56.69 sek., ook 200m – 24.80 sek.

Tertius Mentz (s.16): 400m – 54.64 sek.

Suzaan Nel (m.14): 100m – 13.54 sek.

Cherise van Duyker (m.15): 90m hekkies – 14.54 sek., ook 300m hekkies – 48.54 sek.

Clarissa Boshoff (m.16): 100m – 13.40 sek.

Nerina Visser (m.17): 100m hekkies – 16.58 sek.

Mila de Villiers (m.14): 800m – 2:35.41

Talya Kotzee (m.14): 300m hekkies – 51.17 sek.

Devon Nell (s.15): 100m hekkies – 14.60 sek., ook 300m hekkies – 42.95 sek.

Ilke Joubert (m.17): gewigstoot – 12,70m , ook skyfwerp – 31,68m

Stephan vd Bank (s.17): gewigstoot – 14,85m

Naas Marais (s.17): gewigstoot – 13,88m

Henco Pieters (s.17): skyfwerp – 45,41m

KP de Jager (s.19): gewigstoot – 13,32m

Francois Esselen (s.19): skyfwerp – 40,33m

Leroux Groenewald (s.19): 1500m – 4:29.63

Leon Pienaar (s.19): 400m – 51.20 sek.

Carmen Cronje (m.19): 100m hekkies – 16.39 sek.

Duvan van Duyker (s.17): 400m hekkies – 56.50 sek.

 

Nou vir die opmars na die Rand, waar NHS se A-span in die volgende week of drie, met die beste atletiekskole noord van die Vaalrivier, kragte gaan meet ! Dit gee ook waardevolle geleenthede om op die gesogte tartan-bane deel te neem, ten einde vir vanjaar se Super-inter, asook provinsiale en nasionale byeenkomste, te slyp. Vir die B-span is ook ruim voorsiening gemaak om in die omgewing deel te neem, en om dalk via ‘n goeie vertoning of twee, ‘n plek in die A-span te verwerf

 

DSC_5455 DSC_5361