Nellies swem 10 medaljes los by SA's

Nellies swem 10 medaljes los by SA’s

January 25, 2019
|

Die volgende Nellie swemmers het tydens die Desember vakansie aan die Suid-Afrikaanse Skole Swemkampioenskappe deelgeneem. Daylan Boshoff het ‘n goue medalje ontvang vir die 50m borsslag en ‘n silwer vir die 100m borsslag. Robbie Drummond het drie silwer medaljes in die 200m vryslag, 100m vryslag en 50m vryslag losgeswem. Nog silwer medalje wenners is: Jetro Piso (100m vryslag), Izanie van der Merwe (50m borsslag) en Carla Mouton (200m borsslag en 100m borsslag). Elkeen van NHS se swemmers het ‘n plek onder die top tien van hul item behaal. Baie geluk aan die leerlinge!

Uitslae:
Daylan Boshoff
Eerste plek: 50m borsslag
Tweede plek: 100m borsslag
Sewende plek: 50m rugslag

Robbie Drummond
Tweede plek: 200m vryslag, 100m vryslag, 50m vryslag
Vierde plek: 100m vlinderslag
Vyfde plek: 200m IM

Jetro Piso
Tweede plek: 100m vryslag
Vyfde plek: 200m IM

Izanie van der Merwe
Tweede plek: 50m borsslag

Carla Mouton
Tweede plek: 200m bors, 100m bors
Derde plek: 200m IM
Vierde plek: 50m borsslag

Danje Obermeyer
Vyfde plek: 200m vryslag
Sesde plek: 100m vryslag
Sewende plek: 50m borsslag

Gerard Venter
Vyfde plek: 50 vryslag, 50m rugslag

Maarten Venter
Sewende plek: 100m rugslag
Agtste plek: 200m rugslag

Micca Steyn
Negende plek: 100m rugslag