65 Nellie-bergfietsryers stoot NHS na nr.1!

65 Nellie-bergfietsryers stoot NHS na nr.1!

September 12, 2018
|

Hoërskool Nelspruit het die afgelope Saterdag (8 September) met nie minder nie as 65 bergfietsryers by die voorlaaste been van die Spur-bergfietsreeks vir skole by Penryn opgedaag. Elke leerder wat kom ry het het bygedra daartoe dat die skool van tweede na eerste plek kon opskuif. 

Nellies in podiumposisie: 

Jeug seuns: Jean van der Merwe 3de plek
Jeug meisies: Hijke Coetzee 3de plek
Sub- junior seuns: Dillon Botha 1ste plek
Junior meisies: Monique Swart 2de plek

Baie geluk!

Nellie-bergfietsryers word uitgenooi om weer Saterdag by Mankele te kom ry!