Fotografie-klub vergader

Fotografie-klub vergader

February 13, 2017
|

1l1a5149edit1-medium

Die 2017 Hoërskool Nelspruit Fotografieklub het verlede week Donderdag bymekaargekom. Die klub bekyk en bespreek mekaar se foto’s – van die kamera se tegniese funksies waarop die foto geneem is tot die komposisie en lig.

Die klub vergader weer Donderdag 9 Maart om 18:00-20:00 in k.31. Hulle kom twee keer ‘n kwartaal bymekaar. Leerders moet een foto in elk van drie tema’s inskryf. Foto’s kan of in kleur, of in swart en wit wees.

Daar word ook beplan om fotografie-uitstappies te hou waartydens daar foto-vaardighede beoefen kan word en spesiale werkswinkels waar ander fotograwe hul kennis en vaardighede sal deel.