SWEM: Topskole

SWEM: Topskole

November 1, 2016
|

Nellies blink uit by MP Top Skole

Hoërskool Nelspruit se swemmers het op 28 Oktober in die Mpumalanga Top Skole Gala kragte gemeet wat by Curro Nelspruit aangebied is.

Die swemmers het hul goed van hul taak gekwyt en vir die skool ‘n derde plek losgeswem.  NHS se seuns het uitgeblink en eerste geëindig, terwyl die dogters ‘n derde plek behaal het.

Die Nellies het 21 goue-, 12 silwer-, en 6 brons medaljes ingeoes en boonop 16 rekords laat spat.  Nuwe rekords is opgestel deur Skye Munro (2), Giano dos Santos (4), Jetro Piso (4) en Liza-Mari Drummond (5) asook een van die aflosspanne.

 

Liza-Mari Drummond en Jetro Piso het uitstekend geswem en is onderskeidelik as die Victrix Ludorum en Victor Ludorum aangewys.  Beide het ook die trofee vir die beste individuele prestasie van die dag gewen.

 

Die volgende leerders het aan die kompetisie deelgeneem:

  • Liza Marie Drummond
  • Elzanie Rademayer
  • Lauren Viljoen
  • Skye Munro
  • Milda van Dyk
  • Chikon Roe
  • Shane Jonker
  • Rico van Greunen
  • Jetro Piso
  • Maarten Venter
  • Giano dos Santos
  • Robbie Drummond