Fiësta- wenners aangewys

Fiësta- wenners aangewys

June 6, 2016
|

#nelliesfiësta wenners word aangekondig

Wenners

me. Elsabé de Villiers, mnr. Lucas Burger, dr. Louis Swanepoel, mnr. Leendert de Bruin, mnr. Hans Geldenhuys, me. Debbie Struwig.

Hoërskool Nelspruit het op 2 Junie met groot opgewondeheid die wenners van die #nelliesfiësta-projek aangekondig.

 

  1. Mnr. Leendert de Bruin wenner van die Chevrolet Spark 1.2 Campus geborg
         deur Westvaal Nelspruit.
  2. Mnr. Lucas Burger wenner van ‘n buffeljag of die kontantwaarde van die
         buffel.
  3. Me. Elsabé de Villiers wenner van ‘n roofvisvangs in Mosambiek met
         akkommodasie ingesluit vir agt dae geborg deur Johmar.
  4. Me. Debbie Struwig wenner van ‘n eksotiese buitelandse vakansie na enige
         bestemming of die kontantwaarde van R30 000.
  5. Mnr. Hans Geldenhuys wenner van drie nagte se luukse verblyf by die ultra
         moderne Kings Camp (Timbavati) geborg deur Kings Camp.

 

Die kompetisie is van stapel gestuur in ‘n poging om die Nellies se droomprojekte vir 2016 te realiseer.  Hierdie projekte sluit in die bou van ‘n veeldoelsentrum wat bestaan uit ‘n kultuurburo, dagsentrum en museum, ‘n astro hokkiebaan asook addisionele rugbyvelde en netbalbane.

 

‘n Ongelooflike R2,5 miljoen is deur kaartjieverkope ingesamel. Ons opregte dank en waardering vir die ondersteuning van ouers, leerders, die gemeenskap, asook personeel.

 

Die betrokkenheid, positiewe insette en lojaliteit van die borge sowel as vriende van NHS het ‘n daadwerklike bydrae gelewer in die realisering van die doelwitte wat gestel is.  Daar bestaan geen twyfel dat die nalating van die beoogde projekte geweldige momentum vir die Nellies tot gevolg gaan hê.

 

Die skool is bevoorreg om u as vennoot in hierdie reuse poging  te hê!