Wintersport:Waterkloof

Wintersport:Waterkloof

Nellies se voorbereiding vir Tuksreeks in volle swang

                12321570_10154013656159066_4430762350000943339_n

Die Nellies se sportspanne het op 4 en 5 Maart in vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Waterkloof te staan gekom wat deur beide skole gebruik is vir finale proewe. Ongeveer 700 leerders het die geleentheid gehad om aan gholf, debat, hokkie, netbal en rugby deel te neem.

Wedstryde is gewen en verloor, maar die groot wenner op hierdie dag was die ongelooflike sportmangees wat deur die spelers openbaar is. Die Nellies kan met groot verwagting uitsien na die uitdagings van die Tuksreeks wat komende Saterdag, 12 Maart 2016, teen Hoërskool Rustenburg hier ter plaatse afskop.