Super 16 Interhoër

Super 16 Interhoër

March 3, 2016
|

Beroemde Nellie-‘guts’ verseker NHS se plek in die A-bond !

 

AZ2A1478

Cherise van Duyker

 

 

NHS se A-atletiekspan het Dinsdag 1 Maart in Germiston, voorwaar voor ‘n Everest te staan gekom ! Nie alleen moes die Nellies die atletiekkrag van skole soos Helpmekaar, Kemptonpark en Waterkloof aandurf nie, maar ‘n gesogte plek as een van die Noordvaal se top 8-skole (A-bond) was op die spel. Die afgelope drie jaar al het skole soos Dr.EG Jansen en Noordheuwel gepoog om die Nelspruiters hul posisie te ontneem, maar telkens het die Nellies verbete geveg en steeds in die A-bond gebly. Vanjaar was geen uitsondering nie ! Hierdie keer was dit Transvalia wat geen geheim daarvan gemaak het dat hul promosie na die A-bond (hulle het verlede jaar die B-bond gewen), geen gelukskoot was nie – hulle wou NHS ‘n ding of twee wys.

 

Die jaarlikse Super-inter betrek meer as 50 top-atletiekskole, wat dan in verskillende bonde (8 in ‘n bond), volgens ‘n promosie-relegasie stelsel, om die hoogste louere meeding. NHS moes ook jare gelede heel onder in die D-bond begin, maar is in onlangse jare ‘n gevestigde lid van die A-bond. Wanneer die topskole mekaar pak, is die standaard natuurlik geweldig hoog en ‘n medalje, iets wat net die heel bestes beskore is. Vanjaar was dit gou duidelik dat Transvalia en NHS in ‘n verbete stryd gewikkel sou wees, met Transvalia wat sterk op sy meisies staatgemaak het, terwyl die Laevelders weer meer bekend vir die krag van sy seuns, is. ‘n Eersteplek verdien 9 punte, wat duidelik wys hoe naelskraap NHS se finale groottotaal van 522 teenoor Transvalia se 514, was. Transvalia se meisies (272) was 34 punte voor NHS, maar laasgenoemde se seuns (284) het met hulle 42 voorsprong bo Transvalia (242), die knoop deurgehaak. Dit beteken dat Transvalia weer afskuif na die B-bond, terwyl Prestige College (wenners van vanjaar se B-bond) in 2017 in die A-bond sal meeding. Die uiteindelike wenners (A-bond) vir vanjaar, is Helpmekaar College (743) wat voor Kemptonpark (685) en Waterkloof (626) die trofee weggeraap het. Affies se seuns (414) en Affies Meisies (422) het die ander spantrofees ingepalm.

 

NHS se seuns spog vanjaar met 3 goue- , 4 silwer- en 12 bronsmedaljes. Die meisies se 2 goue-, 6 silwer- en 5 bronsmedaljes,  is eweneens iets om mee te spog ! Suzaan Nel (m.14) se medaljekas is twee goues ryker, nadat sy die 100m (13.25 sek.) en verspring (5,06m) gewen het. Die 927 ABSA-punte wat sy in verspring verdien het, was ook die beste deur ‘n NHS-meisie. Die seuns wat goud verwerf het, is Stefan Smit (s.16), Werner Bouwer (s.19) en Diaan van Heerden (s.19). Stefan het met ‘n skitter-afstand van 65,90m in spiesgooi vorendag gekom (‘n puik 1076 punte), terwyl Werner (s.19) die 800g-spies op 67,24m laat pen het (963 punte). Stefan het Garsfontein se Diego Appollis (57,27m) met meer as 8 meter getroef, terwyl Werner se wenafstand ook byna 8 meter verder was as die 59,33m waarmee Bees Ferreira (ook van Garsfontein) silwer gewen het.

 

Die volgende Nellies was naaswenners (silwer) in hul onderskeie items:

 

Tertius Mentz (s.16): 800m – 1:58.55 (1020 punte)

De Villiers Basson (s.17): 800m – 1:58.55 (947)

Stephan vd Bank (s.17): spiesgooi – 63,22m (901)

Marnus Kruger (s.19): 110m hekkies – 15.12 sek. (774)

Carmen Cronje (m.19): verspring – 5,30m (790), ook 100m hekkies – 16.38 sek.

Carli Killian (m.15): hoogspring – 1,55m (905)

Linmari Potgieter (m.16): hoogspring – 1,50m (809)

Ilke Joubert (m.17): spiesgooi – 37,62m (760), asook gewigstoot – 13,11m (906).

 

Bronsmedaljes (derdeplekke) is verower deur:

 

Lourens Potgieter (s.14): 100m – 12.04 sek. (873), ook 200m – 24.41 sek. (921)

Leon Pienaar (s.19): 400m – 49.82 sek. (802), ook 400m hekkies – 57.68 sek.

Ruan Labuschagne (s.16): 400m hekkies – 58.04 sek. (784)

Jacques Marais (s.14): verspring – 5,63m (977)

Jaytee Boers (s.15): verspring – 5,69m (807)

Wian Otto (s.16): gewigstoot – 14,17m (805)

Francois Esselen (s.19): gewigstoot – 14,51m (738)

Stefan Smit (s.16): skyfwerp – 49,03m (965)

Chyle van Zyl (s.15): skyfwerp – 52,21m (1066), ook spiesgooi – 52,51m (824)

Nicola Cronje (m.15): 800m – 2:20.42 (901)

Thembi Cossa (m.16): 800m – 2:23.49 (821)

Biance J.van Vuuren (m.19): hoogspring – 1,50m (746)

Megan Nel (m.15): verspring m.17 – 5,03m (768)

Marne van Aarde (m.16): gewigstoot – 11,93m (841)

 

Die strawwe kompetisie, het die beste uit die Nellies gehaal. Nog ‘n paar blink vertonings:

 

Nicola Cronje (m.15): 200m – 27.29, ook 400m – 60.15 sek. (863 punte)

Jaytee Boers (s.15): 200m – 24.73 sek., ook 400m – 54.36 sek.

Ben Strydom (s.16): 200m – 23.53 sek. (870)

Suzaan Nel (m.14): 400m – 64.58 sek.

Lourens Potgieter (s.14): 400m – 56.59 sek.

De Villiers Basson (s.17): 400m – 52.47 sek.

Mila de Villiers (m.14): 800m – 2:36.06

Mia Erasmus (m.17): 800m – 2:25.84, ook 1500m – 5:02.00

Leon Pienaar (s.19): 800m – 1:55.87 (897)

Jessica Berry (m.15): 1500m – 4:55.74 (864)

Tertius Mentz (s.16): 1500m – 4:28.15

Rainer Spruyt (s.16): 1500m s.17 – 4:26.08

Cherise van Duyker (m.15): 90m hekkies – 14.33 sek., ook 300m hekkies – 47.40 sek.

Devon Nell (s.15): 100m hekkies – 14.68 sek.

Nerina Visser (m.17): 100m hekkies – 15.73 sek.

Duvan van Duyker (s.17): 110m hekkies – 15.34 sek., ook 400m hekkies – 56.55 sek. (808)

Adriaan van Aarde (s.15): hoogspring – 1,60m

Joshua Maass (s.16): hoogspring – 1,70m , ook verspring – 6,28m (843)

Marius Slabbert (s.17): hoogspring – 1,75m

Deleen Oberholzer (m.17): hoogspring – 1,40m

Carli Killian (m.15): verspring – 4,98m (854)

Megan Nel (m.15): driesprong m.17 – 10,33m

Meli Mazibuko (s.17): driesprong – 12,39m

Xander Rutherford (s.14): gewigstoot – 13,35m (809)

Chyle van Zyl (s.15): gewigstoot – 14,74m (864)

Naas Marais (s.17): gewigstoot – 14,26m

Jacques Marais (s.14): skyfwerp – 42,96m (985)

Ilke Joubert (m.17): skyfwerp – 31,51m

Francois Esselen (s.19): skyfwerp – 43,49m

Douw Kruger (s.14): spiesgooi – 41,29m

Marne van Aarde (m.16): spiesgooi – 33,97m

Tayla Kotzee (m.14): 300m hekkies – 49.61 sek.

 

Van die 4x100m afloswedlope waarin NHS se spanne uitstekende tye aangeteken het, was dit veral die meisies 14 (53.04 sek.), seuns 14 (48.25 sek.), seuns 16 (45.42 sek.) en seuns 19 (43.76 sek.) , wat vir groot opwinding gesorg het.

 

Die atletiekseisoen van 2016, het reeds vir seker sy kwota skitterende prestasies opgelewer ! Baie sterkte aan die atlete wat via Saterdag se provinsiale byeenkoms, hul pad na die SA’s gaan oopveg.

 

Stefan Smit

Stefan Smit

Marne van Aarde

Marne van Aarde

 

 

 

 

 

 

 

Duvan van Duyker

Duvan van Duyker

 

Cossa Temba

Cossa Temba

 

Zanelle Moller

Zanelle Moller

 

 

 

 

 

 

 

 

Jeanne Joubert

Jeanne Joubert

Charlie Naude

Charlie Naude

 

 

 

 

 

 

 

 

AZ2A1175

Chyle Nel

Chyle van Zyl