Swem

Swem

February 25, 2016
|

NHS na 20 jaar weer bobaas in die swembad !

1621775_1245387322157518_4682000656079953792_n

Rico van Greunen

 

Toe ‘n paar van NHS se top-swemmers einde 2015 so puik by die SA-skolekampioenskappe gevaar het, was die tekens daar dat NHS vanjaar ‘n krag by die jaarlikse interskole-gala sou wees. Die opgewondenheid was baie hoog toe die Nellies verlede Woensdag die ‘tradisionele’ sterk Laeveld-swemskole (Uplands College, Penryn College, Curro en Rob Ferreira) aangedurf het. Die verwagtinge was hoog , maar die beroemde Nellie-guts was weer in hoogste versnelling ! NHS slaag, na 20 jaar, weer daarin om as skole-kampioen gekroon te word – en wys daarmee dat NHS se sportmanne en -vroue ook wat swem betref, met die bestes kan saamgesels.

 

Uplands se meisies (373 punte) het die Nellies (396) opdraande gegee, maar NHS se seuns was met 440.5 punte, heeltemal te sterk vir die manne van Witrivier (Uplands – 359.5). Uiteindelik wen NHS die jaarlikse gala met 890.5 punte, gevolg deur Uplands (784.5), Penryn (580), Curro (466), Rob Ferreira (411), Bergvlam (196) en Barberton (78). Jetro Piso is as Junior Victor Ludorum vir 2016 aangewys, terwyl Skye Munro (Junior) en Lize-Marie Drummond (senior) die Victrix-trofees ingepalm het.

 

NHS se meisies sorg vir 13 individuele eersteplekke, asook 6 tweede- en ‘n verdere 5 derdeplekke. Die seuns was in 11 individuele items aan die wenkant, en verower silwer in nog 14, asook brons in nog 7 items. NHS se medalje-totaal van 71 , was 23 meer as die 48 van Uplands.

 

Lize-Marie Drummond was voorwaar op haar stukke ! Sy kraai koning in al 5 items waaraan sy deelgeneem het, nl.: 200m indiv.wisselslag (m.16+ – 2:32.43); 100m vryslag (m.ope – 60.26 sek.); 50m vlinderslag, m.17 (31.48 sek.);100m borsslag (m.ope – 79.25 sek.) en 50m vryslag (m.17 – 27.95 sek.). Ook Skye Munro (m.15) het nie op haar laat wag nie, deur 4 eerste- en ‘n tweedeplek in te palm. Skye wen goud in 100m vlinderslag (m.ope – 69.46 sek.), 50m vlinderslag (30.44 sek.), 50m vryslag (28.94 sek.) en ook die 100m rugslag (m.ope – 70.25 sek.). Sy was ook tweede in die 200m indiv.wisselslag (m.15 en onder) in 2:28.54. Onder die seuns, was dit veral die juniors wat die goue medaljes laat inrol het. Jetro Piso (s.15) het sy onbetwisbare talent met goue medaljes in die 200m indiv.wisselslag (2:24.69), 100m vryslag (s.ope – 56.24 sek.), 50m vlinderslag (28.37 sek.) en 50m vryslag (65.42 sek.) onderstreep. Giano dos Santos (nog onder 14) het geskitter toe hy al sy ouer opponente in die 100m rugslag (seuns ope) in ‘n baie goeie 65.42 sek. getroef het. Giano wen verder ook die 50m rugslag (s.15) in 30.83 sek., asook die 50m vlinderslag (31.64 sek.).

 

Hierbenewens, was die volgende Nellies ook aan die wenkant (goud):

 

Tayla Kotzee (m.14): 50m rugslag – 32.93 sek.

Jeanne Joubert (m.15): 50m rugslag – 34.29 sek.

Elzanie Rademeyer (m.17): rugslag – 35.70 sek.

Liani J.van Vuuren (m.15): 50m borsslag – 43.35 sek.

Rico van Greunen (s.15): 50m rugslag – 31.83 sek., asook 50m borsslag – 34.33 sek.

Ruben Jacobs (s.19): 50m borsslag – 34.92 sek.

Robbie Drummond (s.14): 50m vryslag – 27.49 sek.

 

Tweedeplekke (silwer):

 

Skye Munro (m.15): 200m indiv.wisselslag – 2:28.54

Michelle Boshoff (m.14): 50m borsslag – 44.11 sek.

Elzanie Rademeyer (m.17): 50m borsslag – 39.76 sek.

Jacquelene Piso (m.19): 50m borsslag – 42.38 sek.

Jeanne Joubert (m.15): 50m vlinderslag – 32.48 sek.

Milda van Dyk (m.14): 50m vryslag – 31.81 sek.

Giano dos Santos (s.14): 200m indiv.wisselslag, s. 15 en onder – 2:25.85

Derek Shaw (s.16): 200m indiv.wisselslag, s.16 en bo – 2:35.60; ook 50m rugslag – 34.90 sek., en 50m vlinderslag – 29.43 sek.

Robbie Drummond (s.14): 50m rugslag – 33.19 sek.

Martin Venter (s.15): 50m rugslag – 37.71 sek.

Justin Smit (s.19): 50m rugslag – 32.60 sek.

Dylan Mulder (s.14): 50m borsslag – 37.03 sek.

Shane Lourens (s.16): 50m borsslag – 37.05 sek.

Francois Esselen (s.19): 50m vlinderslag – 29.18 sek., ook 50m vryslag – 27.22 sek.

Rico van Greunen (s.15): 100m borsslag, seuns ope – 74.96 sek.

Tiaan Kotzee (s.16): 50m vryslag – 28.60 sek.

Henco Pieters (s.17): 50m vryslag – 28.26 sek.

 

Derdeplekke (brons):

 

Lauren Viljoen (m.16): 50m rugslag – 37.47 sek.

Cecelia van Zyl (m.17): 50m rugslag – 41.78 sek.

Milda van Dyk (m.14): 50m borsslag – 44.35 sek.

Jessica Leicester (m.16): 50m vlinderslag – 35.79 sek.

Jacquelene Piso (m.19): 50m vryslag – 31.36 sek.

Miga vd Nest (s.16): 50m rugslag – 34.85 sek.

Ruben Jacobs (s.19): 50m rugslag – 33.09 sek.

Zander vd Merwe (s.14): 50m borsslag – 39.43 sek., ook 50m vryslag – 31.24 sek.

Nico Shaw (s.15): 50m borsslag – 38.36 sek.

Henco Pieters (s.17): 50m borsslag – 37.22 sek.

Heini Pieters (s.15): 50m vryslag – 30.30 sek.

 

NHS se swemmers het eweneens baie goed in die 200m gemengde wisselslag-aflos gevaar. Hulle wen in die ouderdomsgroepe 14, 15 en 17, kom tweede by die onder 19’s en swem ‘n derdeplek los in die item vir 16-jariges.

Dit was voorwaar ‘n heerlikheid om die vorige naweek se atletiek-triomf op Lydenburg, ook in die swembad te kon voortsit. Baie geluk aan al ons swemmers, asook die personeel wat dit vir hulle moontlik gemaak het om ook op hierdie terrein, hul talente vir die Laeveld te kon vertoon.

 

Zander van der Merwe

Zander van der Merwe

Derek Shaw

Derek Shaw

 

 

 

 

 

 

 

 

Dane de Jager

Dane de Jager

Michelle Boshoff

Michelle Boshoff

 

 

 

 

 

 

 

Samantha Dunn

Samantha Dunn

Dylin Mulder

Dylin Mulder

 

 

 

 

 

 

 

Swemkapteine: Justin Smit en Jacquelene Piso

Swemkapteine: Justin Smit en Jacquelene Piso

NHS-swemspan

NHS-swemspan

Justin Smit

Justin Smit

 

 

 

 

 

 

Jetro Piso

Jetro Piso

Jacquelene Piso

Jacquelene Piso