ROODEPOORT

ROODEPOORT

February 16, 2016
|

Opbou na nr.51 bereik ‘n hoogtepunt te Roodepoort !

 

Met Saterdag 20 Februarie se Laeveld-byeenkoms (op Lydenburg) net enkele dae weg, het NHS se atletiekspan Vrydag in die Ruimsig-stadion, asook by Lowveld High (waar die B-span in aksie was) met pragtige vertonings gewys dat hy slaggereed is om die inter-kroon met welslae te verdedig. Die afrigters verdien werklik ‘n pluimpie vir die wyse waarop die atlete bestuur is om op die regte tyd, hul beste vorm te bereik.

 

Al is daar wyslik besluit om top-atlete soos Stefan Smit, Joshua Maass, Werner Bouwer,  Stephan vd Bank en Tertius Mentz  ‘n welverdiende ruskans te gee, het NHS se seuns die Randburg-byeenkoms stormgeloop en ‘n skitterende tweedeplek (na Prestige College) verower. Die Nellies (398 punte) reken af met die meer as gedugte Monument van Krugersdorp (355), Zwartkop (348), Eldoraigne (254) en Rustenburg (194) – almal erkende atletiekkragte. Randburg en Jeugland (Kemptonpark) het die laaste twee posisies beklee. Die meisies (307 punte) het heelwat swaarder getrek, maar kan nogtans tevrede voel met goeie oorwinnings oor Eldoraigne (267), Rustenburg (178) en Jeugland (151).

 

Jacques Marais (gr.8 en onder 14) het homself en die groot skare verbaas, toe hy in die verspring-item, ‘n volle 6,11m ver deur die lug getrek het ! Dit oortref Jacques Malan se NHS-rekord wat sedert 2009 op 6,00m gestaan het, en besorg aan Jacques ‘n ongelooflike 1138 punte op die ABSA-tabel. Hierdie puik vertoning was net die vonk wat hy nodig gehad het om ook die skyfwerp met ‘n uitstekende 41,86m (951 punte) in te palm. Meli Mazibuko (s.17) het eweneens twee keer goud verwerf, toe hy in verspring (6,42m) en driesprong (12,78m) aan die wenkant was. Wian Otto (s.16) blyk ook sterk aan die opmars Lydenburg toe te wees ! Hy wen die gewigstoot (14,27m) en skyfwerp (42,32m) gemaklik. Chyle van Zyl (s.15) is na vele byeenkomste, ook steeds onoorwonne in gewigstoot. Sy wenstoot van 14,62m was 855 punte werd. Francois Esselen wen hierdie keer die spiesgooi, met ‘n poging van 48,57m. Leon Pienaar (s.19) en Eldoraigne se Romano Slinger was in ‘n verbete stryd in die 800m gewikkel. Dit was egter Leon se Nellie-guts wat hom in ‘n goeie tyd van 1:56.27 eerste laat klaarmaak het, met Slinger (1:56.73) op sy hakke .

 

NHS se meisies het ook ‘n goeie oes aan goue medaljes, huis toe gebring. Met haar skitterende 59.50 sek. in die 400m (m.15) het Nicola Cronje daarin geslaag om Elaine Smith se NHS-rekord (61.20 sek.) uit die rekordboeke te vee. Dit gebeur nie aldag dat ‘n Laeveld-meisie die 400m in minder as 60 sek. voltooi nie – en Nicola is nog maar in gr.9 ! Sy het ook in die 800m (2:20.92) te veel skietgoed vir haar teenstanders gehad. Die hoogste ABSA-punt deur ‘n Nellies-meisie, was egter die 905 punte wat Carli Killian (ook m.15) vir haar 1,55m in hoogspring, verdien het. Carmen Cronje verbeter in verspring (m.19) na ‘n baie goeie 5,53m – die beste afstand sedert die dae toe Zinhle Mbuyane op 5,60m in die put geland het (wat die huidige rekord is). Carmen spog dan ook met dubbele goud, nadat sy ook die 100m hekkies (15.70 sek.) gewen het. Megan Nel (nog onder 15) wen die driesprong vir meisies 17 met ‘n persoonlike beste van 10,35m, en Nerina Visser wys met haar 68.74 sek. in die 400m hekkies (m.17) dat ook sy, op die regte tyd haar beste vorm herwin.  

 

Die volgende NHS-atlete het silwer (tweedeplek) op hierdie agthoekige byeenkoms verower:

 

Ben Strydom (s.16): 400m – 52.75 sek., ook verspring – 6,01m

De Villiers Basson (s.17): 400m – 51.84 sek., ook 800m – 1:59.83

Ruan Labuschagne (s.16): 400m hekkies – 58.88 sek.

Duvan van Duyker (s.17): 400m hekkies – 56.61 sek.

Marius Slabbert (s.17): hoogspring – 1,85m

Joao Christovam (s.17): verspring – 6,33m

Francois Esselen (s.19): gewigstoot – 14,95m, ook skyfwerp – 43,56m

Xander Rutherford (s.14): skyfwerp – 39,55m

Naas Marais (s.17): skyfwerp – 47,53m

Chyle van Zyl (s.15): spiesgooi – 49,90m

Dylan Soderlund (s.17): spiesgooi – 45,30m

Jessica Berry (m.15): 1500m – 4:56.01

Tayla Kotzee (m.14): 300m hekkies – 50.44 sek.

Marne van Aarde (m.16): spiesgooi – 32,30m

 

Bronsmedalje-wenners was:

 

Lourens Potgieter (s.14): 400m – 56.43 sek.

Leon Pienaar (s.19): 400m – 50.40 sek.

Devon Nell (s.15): 100m hekkies – 14.12 sek., ook 300m hekkies – 40.26 sek. (verbeter Niekie van Aswegen se ou rekord van 41.20 sek.)

Duvan van Duyker (s.17): 110m hekkies – 14.88 sek.

Marnus Kruger (s.19): 110m hekkies – 14.50 sek., ook 400m hekkies – 59.04 sek.

Tiaan Zietsman (s.14): hoogspring – 1,60m

Diaan van Heerden (s.19): driesprong – 12,26m

Douw Kruger (s.14): gewigstoot – 12,66m, ook spiesgooi – 42,34m

Estian Schroeder (s.16): gewigstoot – 12,59m

Chyle van Zyl (s.15): skyfwerp – 46,84m

Jeanne Joubert (m.15): 3000m – 11:46.21 (in die onder 17-wedloop)

Nerina Visser (m.17): 100m – 12.75 sek., ook 100m hekkies – 16.12 sek.

Jessica Berry (m.15): 800m – 2:28.78

Mia Erasmus (m.17): 800m – 2:25.19, ook 1500m – 4:46.39 (beste sedert Madri Wiid)

Cherise van Duyker (m.15): 300m hekkies – 47.41 sek.

Carmen Cronje (m.19): 400m hekkies – 68.88 sek.

Linmari Potgieter (m.16): hoogspring – 1,55m

Inge J. van Vuuren (m.17): hoogspring – 1,45m

Biance J.van Vuuren (m.19): hoogspring – 1,45m

Carli Killian (m.15): verspring – 4,81m

Marne van Aarde (m.16): skyfwerp – 31,02m

Thembi Cossa (m.16): 400m – 63.97 sek.

 

Die standaard van hierdie byeenkoms, was geweldig hoog. ‘n Atleet soos Lourens Potgieter (s.14) het in beide naellope meer as 900 punte verdien, maar kon steeds nie die top 3 haal nie ! ‘n Paar van die ander uitstaande vertonings (nie onder die top 3 nie), was:

 

Christiaan de Nyschen (s.14): verspring – 5,27m (873 ABSA-punte)

Jaytee Boers (s.15): 200m – 24.70 sek., ook verspring – 5,62m en driesprong (s.17) – 12,17m

Jacques Marais (s.14): gewigstoot – 12,49m

Anton van Eijk (s.15): verspring – 5,54m

Rainer Spruyt (s.16): beste tye van 2:03.72 (800m) en 4:22.41 (1500m)

Lourens Potgieter (s.14): 100m – 11.73 sek. (942), ook 200m – 24.16 sek. (947)

Andreas van Heerden (s.15): 1500m – 4:39.60

Attie Smit (s.14): 1500m – 4:44.96

Ben Strydom (s.16): 100m – 11.71 sek., ook 200m – 24.40 sek.

Ruhan Maass (s.19): skyfwerp – 40,93m, ook gewigstoot – 12,90m

Henco Pieters (s.17): skyfwerp – 45,01m

Xander Rutherford (s.14): gewigstoot – 12,44m

Wium Barnard (s.17): gewigstoot – 13,93m

KP de Jager (s.19): gewigstoot – 13,06m

Heini Pieters (s.15); skyfwerp – 39,44m

Mila de Villiers (m.14); 800m – 2:34.33

Leonine Gildenhuys (m.14): 800m – 2:36.77, ook 1500m – 5:16.68

Thembi Cossa (m.16): 800m – 2:26.41, ook 1500m – 5:16.16

Cherise van Duyker (m.15): 90m hekkies – 14.73 sek.

Chantel Olivier (m.14): hoogspring – 1,45m

Melissa le Clus (m.15): verspring – 4,59m

Marne van Aarde (m.16): gewigstoot – 11,69m

Tania Hlabane (m.17): skyfwerp – 27,07m

Sammy Carmichael (m.15); spiesgooi – 27,11m

 

Alle sterkte vir ons atlete en hul afrigters ! Mag al julle harde werk, met sukses op Lydenburg, bekroon word !