Menlo atletiek

Menlo atletiek

February 8, 2016
|

NHS se atlete lewer uithaler-vertonings by Menlopark.

Adriaan van Aarde

Adriaan van Aarde

Nadat NHS verlede jaar se byeenkoms weens datums wat gebots het, noodgedwonge misgeloop het, het die Nellies vanjaar weer daarvoor gesorg dat die stadsjapies deeglik met die krag van die Laeveld se top-atetiekskool te doene gekry het. NHS eindig uiteindelik derde , uit 9 deelnemende spanne (na Menlopark en Prestige College). In die proses reken Nellies (2112 punte) af met Klerksdorp (2015), Midstream College van Centurion (1849), Eldoraigne (1715), Pietermaritzburg (1640), Wilgerivier (465) en ‘n uitnodigingspan (22).

 

Om in sulke uitgelese geselskap, podiumplekke te verower, wil gedoen wees ! NHS se sterre behaal 13 eerste-, 17 tweede- en 16 derdeplekke, terwyl verskeie atlete met hul persoonlike beste prestasies vorendag gekom het. Ilke Joubert (m.17), Stephan vd Bank (s.17) en Stefan Smit (s.16) het geskitter deur elk in twee items goud te verwerf. Ilke se oorwinnings was in gewigstoot (12,80m) en skyfwerp (29,00m), met Stephan vd Bank wat in gewigstoot (16,03m – sy beste tot op datum) en spiesgooi (66,16m) ook ‘n uitstekende byeenkoms beleef het. Stefan Smit  het oudergewoonte blink vertonings in skyfwerp (45,86m) en spiesgooi (59,94m) gelewer.

 

Mia Erasmus (m.17) het in die 1500m onder haar teenstanders uit genael, toe sy in ‘n puik binnelandse tyd van 5:09.50 eerste deur die wenpaal gebars het. Chantel Olivier (m.14) se mooi hoogte van 1,45m in die hoogspring, was ook te goed vir haar opponente.  Tertius Mentz (s.16) wen die 800m in 2:04.60, en in dieselfde item, wen De Villiers Basson die wedloop vir seuns 17 in 2:01.90. Ruan Labuschagne (s.16) is steeds onoorwonne in die 400m hekkies. Hierdie keer was sy wentyd 59.00 sek. Henco Pieters glimlag ook breed, nadat hy met ‘n goeie gooi van 44,57m, die skyfwerp (s.17) ingepalm het. Hoofleier Francois Esselen het ook nie op hom laat wag nie, en stoot die 6kg-gewig (s.19) ‘n volle 14,15m ver – weer eens ‘n eersteplek vir NHS.

 

Die volgende atlete het tweedeplekke verower:

Mia Erasmus (m.17): 800m – 2:24.10

Nerina Visser (m.17): 400m hekkies – 69.10 sek.

Linmari Potgieter (m.16): hoogspring – 1,48m

Marne van Aarde (m.16): gewigstoot – 11,88m

Ilke Joubert (m.17): spiesgooi – 35,20m

Andreas van Heerden (s.15): 3,000m – 10:10.60

Marnus Kruger (s.19): 110m hekkies – 14.90 sek.

Devon Nell (s.15): 300m hekkies – 41.80 sek.

Leon Pienaar (s.19): 400m hekkies – 58.70 sek.

Meli Mazibuko (s.17): driesprong – 12,46m

Jacques Marais (s.14): gewigstoot – 12,65m

KP de Jager (s.19): gewigstoot – 13,60m

Wian Otto (s.16): skyfwerp – 39,75m

Francois Esselen (s.19): skyfwerp – 39,94m

Douw Kruger (s.14): spiesgooi – 43,86m

Joshua Maass (s.16): spiesgooi – 57,24m

Werner Bouwer (s.19): spiesgooi – 60,62m

 

Wenners van brons (3e):

Nerina Visser (m.17): 100m – 13.00 sek.

Thembi Cossa (m.16): 800m – 2:31.00

Dessire van Staden (m.19): 800m – 2:32.90

Tayla Kotzee (m.14): 300m hekkies – 50.90 sek.

Cherise van Duyker (m.15): 300m hekkies – 47.90 sek.

Megan Nel (m.15): verspring – 4,74m

Aflos, meisies 19 – 52.00 sek.

Jaytee Boers (s.15): 400m – 54.70 sek.

Tertius Mentz (s.16): 1500m – 4:24.00

Jacques Marais (s.14): verspring – 5,63m  * 977 punte op die ABSA-tabel

Joshua Maass (s.16): verspring – 6,31m

Bartlo Nel (s.19): verspring – 6,15m

Douw Kruger (s.14): gewigstoot – 12,59m

Chyle van Zyl (s.15): gewigstoot – 14,96m

Wian Otto (s.16): gewigstoot – 14,58m

Ruan Maass (s.19): skyfwerp – 37,58m

‘n Hele handvol ander pragtige vertonings is gelewer, onder andere:

Al het ‘n hele paar van NHS se top-atlete nie die rit na Pretoria meegemaak nie, het die Nellies gewys dat daar puik vertonings by hierdie week se byeenkomste te Pilditch (Noordheuwel Top 10), Ruimsig (Randburg se byeenkoms) en Lowveld High (waar die B-span gaan deelneem) te wagte kan wees. ‘n Volsterkte NHS-span kan homself deeglik in enige geselskap laat geld !

Chante Viljoen

Chante Viljoen

Bartlo Nel

Bartlo Nel