Nellies presteer by nasionale Radikale Redenaars Kampioenskappe

Nellies presteer by nasionale Radikale Redenaars Kampioenskappe

November 19, 2015
|

 

 

a (31)

Theo van der Westhuizen

Henrike Nel

Henrike Nel

 

Twee leerders van NHS het uitstekend presteer by die Radikale Redenaars se nasionale kampioenskappe wat onlangs in Pretoria plaasgevind het.

Henrike Nel, graad 11, is aangewys as die nasionale wenner in die afdeling tweetaligheid en het 92,25% behaal.

Theo van der Westhuizen, graad 9, het 96% in sy afdeling (Lees Afrikaanse Prosa) behaal en is ook as die nasionale kampioen gekroon.

Daar het 26 000 leerlinge aan die kompetisie deelgeneem en 1610 het vir die finale ronde gekwalifiseer.